TV Plus (Afrikaans)

Ring Of Lies

Ring Of Lies se akteurs laat waai regtig in die bokskryt.

-

Ring Of Lies Ma.-Do. Mzansi Magic (*161) 19:00

Ring Of Lies is nie net ’n sepie gevul met drama en donker geheime wat uit die kas tuimel nie – dit het ’n sterk tema, verduideli­k die hoofspeler Bohang Moeko. “Ja, boks is sentraal tot die karakters maar dis nie net boks nie – vir my karakter Kabelo is dit ’n manier van leef.” En oor Kabelo se groot boksuitdag­ing wat op hom wag op Woensdag 25 Oktober sê Bohang: “Baie meer werk gaan in die voorbereid­ing as vir ander programme. Veral wanneer jy ’n ou soos Mpho (Sebeng, wat Kabelo se teenstande­r Neo speel) saam met jou in die kryt het!”

Slaan julle ouens mekaar regtig? Ja! Met seisoen 1 in 2016 het ons gou agtergekom die enigste manier om die tonele eg te laat lyk, is om regtig te boks. Daar’s dus geen WWE-“oëverblind­ery”

nie? Ons oefen en choreograf­eer in die gim. Ons het ’n privaat profession­ele afrigter wat ons sedert seisoen 1 brei. Ons gaan deur die toneel, het dan ’n oefensessi­e en werk uit wie waarheen gaan beweeg en wat doen. Sodra ons vertroud is met als, verfilm ons dit.

Was daar al voorvalle waar julle bloedneus

gekry het? Ons is nou goed daarmee. [Lag.] Ek onthou ek het destyds ’n medester ’n bietjie te hard geslaan toe ek nog nie geweet het wat ek doen nie, en sy wind was effens uit. Maar dis al. Jy kan nou jou man staan in ’n straatgeve­g? [Lag.] Ek is nie ’n bakleier nie, maar ek sal seker oukei wees. Hoe dikwels oefen julle? Dit voel soos amper daagliks. Ons het sowat vyf maande gesweet vir seisoen 1, maar sedertdien het ons gereeld geoefen om fiks te bly. Vir seisoen 2 moes ons net ’n opknapkurs­us doen. Jy is dus nou ’n bokser? [Lag.] Geensins. Maar ons leef ons heeltemal in ons tonele in.

 ??  ?? Bohang Moeko moet topfiks wees vir sy karakter Kabelo se bokstonele.
Bohang Moeko moet topfiks wees vir sy karakter Kabelo se bokstonele.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa