TV Plus (Afrikaans)

Scandal!

Layla se warm romanse met Wesley kan dalk afkoel wanneer ’n geheimsinn­ige ou opdaag.

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

“Kom ons sê hulle het ’n geskiedeni­s,” lag Tom Fairfoot. Die 49-jarigej g akteur, ’n gebore Brit, speel el die sakeman Tony, wat op Dinsdag 24 Oktober opdaag. “Hy’s arrogant en selfversek­erd. Hy is een van daardie ryk korporatie­we soort t wat dink almal gaan voor hom buig.” Maar nie Layla (Natasha Sutherland) nie. Sy laat haar nie “deur enige ou wat dink sy skuld hom iets, hiet en gebied nie”, sê Tom.

WIPWARIT

Nadat sy in ’n hoek gedryf is, wend die konkelende Layla haar tot Damon (Craig Urbani) vir hulp op Woensdag 25 Oktober. “Wesley (Zane Meas) is die ou in haar lewe, maar Tony sluip in die skaduwee rond,” sê Tom. Layla vertel Damon wie Tony is, en sy sal vinnig moet dink op Vrydag 27 Oktober wanneer Wesley “sy meisie” by Tony sien. L Layla vertel ’n leuen en WesleyWe glo haar storie van “vriende“v wat koffie drink”. MaarM op Maandag 30 OktoberO sien Wesley se dogterdo Ingrid (Stephanie Sandows)Sand vir Layla en dit laat Ingrid met meer vrae as antwoorde oor Layla se “nuwe vriend”.

OP DIE OORLOGSPAD

Wesley is onseker oor Layla op Woensdagg 1 November en hy is nie alleen nie. IngridI vertel vir Layla se seun Qu Quinton (Brighton Ngoma) op V Vrydag 3 November hul ouers g gaan nie langer uit nie en hy is w woedend wanneer hy uitvind ho hoekom. “Quinton ken Layla en Tony se verlede en keur dit nie goed nie,” sê Tom. “Tony is nie ’n gawe ou nie – hy’s ’n blikskotte­l.” En dis nie iemand wat Quinton wil hê sy ma mee te doen moet kry nie wanneer hy Tony op Maandag 6 November konfrontee­r. “Dit gaan morsig wees,” lag Tom. “Maar daar sit meer agter die storie as wat Tony vir Layla vertel.”

 ??  ?? Tony is iemand uit Layla se verlede wat sy nie wil sien nie. Wesley weet nie wat die waarheid is nie.
Tony is iemand uit Layla se verlede wat sy nie wil sien nie. Wesley weet nie wat die waarheid is nie.
 ??  ?? Quinton.
Quinton.
 ??  ?? Ingrid.
Ingrid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa