TV Plus (Afrikaans)

Isibaya

“Duma se inmengerig­e ma is hebsugtig”, onthul Isibaya se nuweling Clementine Mosimane.

- Weekdae Mzansi (*161) 20:30 Isibaya

Vir Clementine Mosimane is drama niks nuuts nie. Sy was tot 2003 Thandi in die SABC1-dramareeks Soul City (1994-2015), en sy was al in meer sepies as wat jy kan opnoem, onder meer Rhythm City (2007nou), The Wild (2011-2013) en Gold Diggers (2015-nou). En sy is nog lank nie klaar nie! “Ek is mal oor Gloria. Sy is soos ’n vars briesie en daar is niemand soos sy nie,” sê Clementine toe tvplus ná ’n dag op stel met haar gesels. “Ek het nog nie so ’n karakter teëgekom nie en ek moes ekstradiep delf om lewe aan haar te gee.”

Wie is Gloria? O, liefie – sy’s ’n gek ma! Sy het kwansuis na die dorp gekom en probeer matchmaker speel vir haar seun Duma (Muzi Mthabela) en Mabuyi (Samukele Mkhize), maar sy is glad nie eerlik nie. Sy wil dus nie haar seun gelukkig en verlief sien nie? Nee. [Lag.] Wat Gloria ook al doen, sy het bymotiewe – sy is inhalig en sy dink net aan haarself. Gloria is ’n vrou wat een ding sê, maar sy bedoel iets anders en doen ’n derde ding terwyl niemand kyk nie. Sy maak of sy gaaf is, maar sy is nie. Is daar enige deel van Clementine wat in Gloria is? O nee! [Lag.] Daar is niks van Clementine in haar nie – sy is net Gloria, die hele tyd! Ons is twee heeltemal verskillen­de mense wat alles betref. Miskien is dit hoekom dit so lekker is om haar te speel, want sy verskil so baie van my. En wat is haar einddoel? Ek wens ek kon jou sê, maar ek weet nie. Die draaiboeks­krywers is nog besig met haar en ek het nog nie regtig kans gehad om met hulle oor haar te praat nie, maar vir eers gryp Gloria wat sy kan. ’n Mens moet daardie een dophou – sy is baie, baie boosaardig! [Lag.] Het jy enige nuwe gunsteling-medespeler­s? Ja – almal! Hulle is almal nuwe akteurs saam met wie ek vir die eerste keer werk, en hulle is soos alle ander spelers: anders. Dis wat hulle wonderlik maak, weet jy? Jy word by die familie verwelkom vir hoe lank jy ook al by die reeks gaan wees, jy lag en huil saam met hulle en ontwikkel jou rol saam met hulle.

 ??  ?? Gloria kry ’n vaal voorkoms. Die gek Gloria hou Clementine Mosimane op haar tone.
Gloria kry ’n vaal voorkoms. Die gek Gloria hou Clementine Mosimane op haar tone.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa