TV Plus (Afrikaans)

Klein en groot drama

Almal ken almal se besigheid in Big Little Lies – en dis ’n dodelike probleem!

-

Dis moeilik om persoonlik­e geheime te bewaar. Stel jou nou voor jy woon in ’n klein kusdorpie waar jy dieselfde mense sien wanneer jy soggens jou kinders by die skool aflaai, by die werk is en saans gaan uiteet. Dieselfde groep mense in daardie klein sirkel . . . of jy daarvan hou of nie. Die nabyheid word ’n probleem wanneer moord gepleeg word in die sewe episode lange riller Big Little Lies (2017 – wat op die internetst­roomdiens Showmax beskikbaar is). Die donker komedietre­ffer is gegrond op die gelyknamig­e roman deur Liane Moriarty. Hier is die polisielêe­r oor die vroue in die middel van die moord en hoe hulle met mekaar verband hou.

MADELINE (Reese Witherspoo­n)

Wie: Die bemoeisiek­e een wat alles van almal weet en nie terugdeins om ander op hul plek te sit nie – soos Bonnie omdat sy Madeline se gesin gesteel het en Renata vir haar aanhoudend­e vetes.

Die probleem: Madeline is nie perfek nie en sy het haar man Ed (Adam Scott) met die getroude teaterregi­sseur Joseph Bachman (Santiago Cabrera) verkul. Sy maak ook nie die regte keuses as vredemaker nie.

Haar vyande: Bonnie en Renata – hulle dink en doen net heeltemal te verskillen­d van haar. www.facebook.com/tvplus

Is sy die moordenaar? Madeline is die onwaarskyn­likste verdagte, maar dit beteken nie sy is nie tot moord in staat nie.

CELESTE (Nicole Kidman) Wie: Sy is getroud met die beheervraa­t Perry (Alexander Skarsgard) wat dikwels weg is vir sake. Hul huwelik is so onstuimig, hulle ontvang berading. Nie dat haar vriende weet nie – Perry laat nooit ’n sigbare merk op sy vrou se liggaam nie.

Die probleem: Sy word gedwing om in stilte te ly. Celeste weet as sy haar vriendinne vertel, word sy die nuutste skindersto­rie in die dorp en almal sal weet haar “perfekte lewe” is nie so perfek nie. Haar vyande: Wel, Perry om mee te begin. Maar sy is tog lief vir hom en hulle probeer dinge uitwerk.

Is sy die moordenaar? Heeltemal moontlik. Wanneer jy in ’n hoek is, is daar net een ding om te doen: baklei terug.

RENATA (Laura Dern) Wie: Die snob van die groep sien neer op almal en gee voor haar lewe is perfek en haar dogter Amabella (Ivy George) is die oulikste engeltjie. Die probleem: Renata se lewe is nie perfek nie – daar’s krake oral en sy is ’n psigotiese wrak. En sy’t ’n gemene streep wat Celeste se Perry sou laat vlug.

Haar vyande: Madeline en Jane. En Jane se seun Ziggy. Is sy die moordenaar? Waarskynli­k – sy het ’n nare kant en kan wreed wees . . .

JANE (Shailene Woodley)

Wie: Die enkelma is die nuweling in die dorp en hoewel sy haar verlede probeer agterlaat, agtervolg dit haar. Sy maak dadelik ’n vyand wanneer haar seun Ziggy (Iain Armitage) Renata se dogter op hul eerste skooldag toetakel.

Die probleem: Jane steek iets weg en dit kan iets met Ziggy se uitbarstin­gs te doen hê. ’n Vrou maak buitendien nie alleen ’n baba nie . . .

Haar vyande: Sy en Renata haat mekaar dadelik oor hul kinders se onderonsie.

Is sy die moordenaar? Jane het ’n vuurwapen en sy vlug van ’n donker geheim . . .

BONNIE (Zoë Kravitz)

Wie: Die joga-instruktri­se is getroud met Madeline se eksman

Nathan (James Tupper), wat haar die stiefma maak van Madeline se dogters – die onskuldige Chloe (Darby Camp) en die ontvanklik­e tiener Abigail (Kathryn Newton).

Die probleem: Bonnie probeer ma speel vir die meisies en dit grief Madeline, wat Bonnie haat omdat sy Nathan “gesteel” het. Sy verstaan ook nie Bonnie se boheemse leefstyl van “wees lief vir als en hulle sal jou terug liefhê” nie. Haar vyande: Madeline, natuurlik.

Is sy die moordenaar? Waarskynli­k nie. Sy predik mos liefde en aanvaardin­g.

 ??  ?? Van links: Bonnie, Celeste, Jane, Madeline en Renata se lewe is verstrenge­l.
Van links: Bonnie, Celeste, Jane, Madeline en Renata se lewe is verstrenge­l.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa