TV Plus (Afrikaans)

Een keer is genoeg

Nicole se babaverraa­d maak Zende vies en dryf hom in die verkeerde vrou se arms.

-

Toe Maya en Rick (Karla Mosley en Jacob Young) haar suster Nicole en Zende (Reign Edwards en Rome Flynn) op Dinsdag 7 November vir middagete nooi, het Zende ’n gevoel gehad daar skuil meer as “net ’n ete” agter. En hy was doodreg! Was hy egter daarop voorbereid dat Maya en Rick Nicole gaan vra om vir ’n tweede keer ’n surrogaatm­a te wees? Glad nie! Die feit dat Nicole baba Lizzie (Jaliyah en Janiyah Wilson) gedra het en op Vrydag 9 Junie vanjaar die lewe aan haar geskenk het, het haar en Zende byna uitmekaar gedryf, Zende sit dus nou sy voet dwars en verbied sy modelmeisi­e om ’n tweede kind te dra.

BABABROEIK­AS

Maya nooi Nicole vir “’n kuiertjie vir meisies” op Donderdag 23 November en vra of Nicole gedink het oor haar en Rick se “versoekie”. Maar Zende het Nicole reeds voorberei: “Jy weet wat jy moet sê, nè? ‘Wil graag help. Jammer. Dis ietwat ongeleë.’” Tydens middagete probeer Maya Nicole verseker daar is geen druk op haar om ja te sê nie, en by die huis besoek Nicole se halfsuster Sasha (Felisha Cooper) vir Zende, met wie sy in Junie ’n affair gehad het. “Daar is geen manier dat Nicole dit ooit weer gaan doen nie,” vertel hy haar heftig. As Zende maar geweet het watter krag in broeisheid lê – Nicole hou vir Maya en Lizzie dop en sien hoe die band tussen hulle hegter raak, en net daar besluit sy op Vrydag 24 November: Sy gaan weer ’n surrogaatm­a vir Maya en Rick wees!

OP HETER DAAD BETRAP

Zende is stomgeslaa­n toe Nicole hom op Maandag 27 November die nuus vertel. “Dit is nie jou werk om babas vir hulle te kry nie!” skreeu hy. Hierna volg ’n drinksessi­e met Sasha op Dinsdag 28 November wat eindig in ’n skelm naweek in Hawaii om van Nicole te vergeet. Intussen in LA sien Nicole af van haar surrogaatp­lan op Vrydag 1 Desember. Sy vra Maya en Rick om haar te vergewe en sê: “Ek moet dinge met Zende regstel”, voor sy na die lughawe gaan om hom op Maandag 4 Desember terug te verwelkom van wat sy dink ’n alleenvaka­nsie was. Ongelukkig is hy nie alleen toe Nicole die kamerdeur van die privaatstr­aler oopmaak nie. Want daar lê Zende en Sasha in al hul glorie . . .

 ??  ?? Zende probeer met Sasha se hulp van sy probleme vergeet. Nicole (regs) is nie bereid om nog ’n baba vir Rick en Maya dra nie.
Zende probeer met Sasha se hulp van sy probleme vergeet. Nicole (regs) is nie bereid om nog ’n baba vir Rick en Maya dra nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa