TV Plus (Afrikaans)

Baas en klaas

Nina wil iets bewys en sy gaan Gabriel daarvoor gebruik.

-

Toe hy op Vrydag 17 November besef hoe groot sy finansiële penarie is, het Gabriel (Aubrey Poo) dit oorweeg om sy aandele in The Rec aan Nina (Khabonina Qubeka) te verkoop. Hulle het ’n geskiedeni­s en sy sal hom tog nie inloop nie, of hoe? Verkeerd, lag Khabonina. “Gabriel is soos ’n gewonde vis en Nina is ’n haai – sy kan bloed ruik. Sy gaan dit geniet om hom uit te buit.” En teen Dinsdag 21 en Woensdag 22 November is Nina se plan in volle werking.

WIE TREK DIE TOUTJIES?

Gabriel was in die verlede in beheer en het geweet hoe om sy konkeltruu­ks in te span, maar nou het hy geen mag of invloed nie, verduideli­k Khabonina. “Gabriel se situasie is so desperaat dat hy Nina vir ’n werk by haar sjebien smeek [op Donderdag 23 November].” Maar Gabriel het geen idee wat op hom wag wanneer hy op Vrydag 24 November vir werk aanmeld nie. “Nina gaan dit geniet om die toutjies te trek. Sy kan haar vingers klap en hy moet doen soos vir hom gesê word – hy is haar werknemer,” vertel Khabonina. “Kykers kry hom dalk jammer, maar dan sal hulle onthou hoe boos hy is en wat hy gedoen het [om mense in The Deep te bedrieg en sy eksverloof­de Nikiwe, gespeel deur Linda Sokhulu] aan te rand. Dan sal Nina ’n heldin wees!”

GULDE GELEENTHEI­D

Om Gabriel in haar mag te hê en sy Recaandele in die hande te kry gaan egter nie net oor Nina en Gabriel nie. “Sy wil die sakevroue Nikiwe en

Kgothalo (Katlego Danke) op hul neus laat kyk. Hulle het altyd op Nina neergesien en nou wil sy wys wat in haar steek,” vertel Khabonina. Daar’s byna ’n onderonsie op Donderdag 30 November wanneer Nikiwe vir haar bestie Benjamin (Arno Marais) sê sy’s “reg vir Nina”. Gelukkig vir haar raai Ben Nikiwe aan om nie ’n twis te begin met “die verkeerde persoon” nie.

Hoewel Nina dit geniet om die sjebienbaa­s te wees, wil sy meer hê, vertel Khabonina. “Sy oorweeg dit om wettig te raak en The Rec kan haar voet in die deur wees.” Maar Nina bly altyd gefokus op haar mikpunt, voeg Khabonina by. Alles wat sy doen is ’n middel tot haar einddoel.

 ??  ?? Nina geniet haar nuwe magsposisi­e oor Gabriel (inlas) en daar’s nie veel wat hy daaraan kan doen nie.
Nina geniet haar nuwe magsposisi­e oor Gabriel (inlas) en daar’s nie veel wat hy daaraan kan doen nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa