TV Plus (Afrikaans)

Tyd vir veranderin­g

Getty verlaat haar familie op soek na haar doel in die lewe.

-

Die jongste Diale-kind, Getty (Andisiwe Dweba), het gedink sy sou teen einde 2017 ’n suksesvoll­e grafiese ontwerpmaa­tskappy bedryf. Maar sy sukkel steeds en haar drome om ’n sakeryk te bou, begin verdamp. “Sy voel soos ’n mislukking,” sê Andisiwe. “Haar familie is bekommerd oor haar [op Woensdag 22 November], want sy was gewoonlik opgeruimd en glimlaggen­d, maar nou verander sy.” Andisiwe voeg by: “Getty is besig om haarself te verloor. In vergelykin­g met haar portuurgro­ep voel sy nutteloos. Sy het nie geld nie. Haar verhouding­s eindig op die ashoop eerder as voor die kansel. Dit alles maak haar depressief.” En sy begin meer en meer verander.

SWARTSKAAP

Die Diales skroom nie om die wet te omseil wanneer dit hulle pas nie, maar hulle is ’n hegte familie en gee om vir mekaar. Getty se gangsterbr­oer Cosmo (Ronnie Nyakale) en suster Lucy (Manaka Ranaka) neem Getty op Vrydag 24 Novem- ber hospitaal toe in die hoop dat die dokters sal agterkom wat met Getty skort, maar Getty ontslaan haarself later dieselfde dag en is skoonveld. “Lucy en Ronnie is siek van bekommerni­s, en hulle gaan polisie toe om haar as vermis aan te meld,” vertel Andisiwe. Terwyl die Diales die wêreld vol na haar soek, daag Getty op Maandag 27 November by die huis op as “’n ander mens”, verklap die aktrise. “Lucy glo Getty is getoor weens haar vreemde gedrag. Anders as haar sibbes is Getty ’n Christen en sy glo nie toorkrag bestaan nie. Maar die manier waarop sy nou optree slaan Lucy dronk, veral omdat Getty nie met haar wil praat nie.”

REGRUKREIS

Een familielid met wie Getty wel openhartig kan praat is haar ouma Gog’ Flo (Ivy Nkutha), maar ná hul gesprek op Donderdag 30 November is Getty ’n wrak. “Sy het van haar demone laat blyk, maar as sy haarself wil regruk, moet sy weggaan,” sê Andisiwe. “Dit gaan ’n interessan­te avontuur vir Getty wees terwyl sy haar doel in die lewe herontdek.” Wat sy gaan vind, moet ons nog sien, maar dit kan Getty maak of breek.

 ??  ?? Getty se glimlag is vervang deur ’n stroewe, gekwelde gesig.
Getty se glimlag is vervang deur ’n stroewe, gekwelde gesig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa