TV Plus (Afrikaans)

Uitgesluit

Qhabanga se kollegas vermy hom en stel ’n strik vir sy broer.

-

'n Mens voel amper jammer vir die skelm polisieman Qhabanga (Siyabonga Shibe) wanneer hy onder albei kante van die gereg deurloop. Sy baas

kapt. Mthimkhulu (Sfiso Simamane) is woedend sedert die kardief Master

mind (Ntokozo Dlamini) sy nuwe kar op Donderdag 9 November gesteel het, terwyl sy broer Nkunzi (Masoja Msiza), die misdaadbaa­s, tekere gegaan het nadat hy op Dinsdag 26 Oktober uitgevind het hy het 'n ander man se dogter grootgemaa­k. Nkunzi gee nie om wat sy trawant Mastermind doen om sy wense te bewaarheid nie, of wat Qhabanga moet doen om Mastermind se spore dood te vee nie. En hy luister nie, en dis 'n probleem op Woensdag 22 November wanneer Qhabanga besef Mthimkhulu het 'n plan vir KwaMashu se motordiewe.

OË EN ORE

Maar wat gaan die strategie wees? Qhabanga was deeglik bewus van die geheimsinn­ige stiltes en vyandige kyke toe hy die afgelope maand by die polisiekan­toor ingestap het. “Die plan is om Qhabanga nie in te lig nie, want hulle vermoed reeds hy is kop in een mus met sy broer,” onthul Siyabonga. Hy weet iets is agter sy rug aan die gang. Hy en sy spanmaat

Mondli (Thembinkos­i Thwala) ruil gereeld inligting uit. Nou, skielik, weet hy as ondersoeke­r niks. Nuus versprei vinnig in die polisiekan­toor, maar alle deure is vir hom gesluit en Siyabonga sê: “Qhabanga sê vir Nkunzi iets groots gaan gebeur, maar hy wil dit nie hoor nie.”

WAAR IS DIE VANGPLEK?

Qhabanga meen dinge verander op Dinsdag 28 November wanneer “hy uitvind daar gaan 'n klopjag wees toe Mondli dit laat uitglip sonder om te dink,” sê Siyabonga. “Qhabanga probeer sy broer waarsku, maar hy is te laat en voel skuldig dat hy toegelaat het dat dinge so ver hand uitruk.” Soos die aksie ontvou op Woensdag 6 Desember gaan Qhabanga dalk wonder of Mondli die brokkie inligting met opset laat uitglip het – dit lyk asof die net veel wyer gespan is om Nkunzi se span onderweg na Mozambiek op Donderdag 7 Desember . . .

 ??  ?? Qhabanga vermoed iets is verkeerd, maar het geen idee wat wag nie.
Qhabanga vermoed iets is verkeerd, maar het geen idee wat wag nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa