TV Plus (Afrikaans)

NA VERRE LANDE

-

Mila het vroeg in haar lewe geleer om so aanpasbaar te wees. Sy was 14 toe sy saam met haar ouers, Johan (48), ’n siviele ingenieur, en Belinda (48), ’n onderwyser­es, en haar suster, Maro (22), van Nelspruit in Mpumalanga na NieuSeelan­d verhuis het toe ’n onmisbare werkgeleen­theid op haar ouers se pad gekom het. “Aan die begin was dit vir my moeilik om in Nieu-Seeland te bly, want my Engels was nie so goed nie. Mettertyd het ek my voete gevind en het he goed met die inwoners oor die weggekom,” w vertel Mila.

Sy het matriek aan die Western Heights H High School in Rotorua geslaag g en drama aan die Aucklandun­iversiteit un begin swot, maar ná ’n kuiertjie ku in 2011 by haar grootouers in Suid-Afrika Su het sy besluit om eerder hier verder te studeer. “Ek het met my ouma oor my toekoms gesels en hoe ek ons reënboogla­nd en my Afrikaanse taal mis. My ouma het toe die saadjie geplant dat ek hierheen terugtrek.”

In 2012 het Mila alleen in haar geboortela­nd kom nesskop. Intussen het Maro ook teruggetre­k. “Sy studeer visuele kuns by Tukkies en doen hier en daar modelwerk vir ekstra geld.”

Mila gesels gereeld met haar ouers, maar gelukkig het sy ’n wonderlike woonstelma­at, die aktrise

Simoné Nortman, om haar op te beur as die verlange te erg word. Dis die einste Simoné wat die ontvangsda­me Jony in Hotel speel, en wat ons as Nadia in 7de Laan (2000-nou) leer ken het. “Ons is groot tjommies en ek sien op na haar as aktrise. Sy werk baie hard aan elke rol wat sy vertolk en tree altyd profession­eel op stel op.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa