TV Plus (Afrikaans)

Moderne polisie

Tegnologie transforme­er Chicago se vervalle 13de distrik in ’n misdaadvoo­rkomings-droom, maar dit skep ook probleme . . .

- APB

Seisoen 1 Woensdae M-Net (*101) 19:00 (begin 22 November)

Vergeet van die outydse radiooproe­pe wat polisie opdragte gee op misdaadton­ele. In die aksie reeks APB (2016) is die “All Points Bulletin” vervang met beter tegnologie en slimfoon-apps om die polisie te help om skurke te vang. Gideon Reeves (Justin Kirk), ’n slinkse miljardêri­ngenieur, koop die moordgetei­sterde 13de distrik in Chicago nadat ’n vriend voor hom vermoor word omdat die polisie te lank gevat het om op ’n 911-oproep te reageer. En nou dwing hy die polisie die toekoms in met sy uitvinding­s.

WERKLIKE GEBEURE

Terwyl Gideon se slimfoon-app nog nie vir Jan Alleman beskikbaar is en die helfte van sy tegnologie fiktief is, is dit wel met die regte wêreld verbind, sê die vervaardig­er Matt Nix. “APB is geïnspiree­r deur Sidney Torres in New Orleans, ’n misdaadsla­goffer. Hy het ’n klein polisietaa­kmag gefinansie­r om die stad te patrolleer.” In APB word gebruik gemaak van mense wat die polisie op- die-minuut-inligting oor misdade gee, nes dit die geval was vir Sidney en sy bure, wat kitsboodsk­apdienste soos WhatsApp inspan. “Sosiale media is onmiddelli­k,” sê Matt. “Dit is die inspirasie agter die reeks se slimfoon-app wat gebruik word.”

POLITIEK OPSY

Moenie dink APB gaan net oor skelms vastrek nie. Politiek speel ook ’n belangrike rol, vertel Matt. “Daar’s mense wat graag wil sien dat Gideon faal. Nie almal is so eerlik soos hy nie, en hulle stuur agente onder die dekmantel om hom om elke hoek en draai te saboteer. Hy w wil goed doen, maar hy word ve verhoed. Hy het goeie bedoel lings, maar sy vyande het hul m mes in vir hom.”

NUWE TEGNOLOGIE

Gi Gideon se innoverend­e tegnologie sal die ingenieur Tony Stark van die Iron Man-flieks (2008-nou) beïndruk. Daar’s motorfiets­e wat ingeboude spykerstro­ke het om ander se wiele te af te blaas, baadjies wat enige koeël kan keer en hommeltuie met kameras. Solank Gideon net sy vriend se moordenaar kan vang.

 ??  ?? Natalie Martinez, die outydse polisievro­u Theresa Murphy, saam met die tegnologie-miljardêr Gideon Reeves (Justin Kirk).
Natalie Martinez, die outydse polisievro­u Theresa Murphy, saam met die tegnologie-miljardêr Gideon Reeves (Justin Kirk).
 ??  ?? Die dekorman, Ben Lowney, wys die hommeltuig vir Caitlin Stasey (die tegnologie­beampte Ada Hamilton).
Die dekorman, Ben Lowney, wys die hommeltuig vir Caitlin Stasey (die tegnologie­beampte Ada Hamilton).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa