TV Plus (Afrikaans)

Chicago PD

Seisoen 2 e.tv (*194) 20:30 Aksie

-

Kevin Atwater (LaRoyce Hawkins) kan in vanaand se reeksfinaa­l van Chicago PD (2014-nou) ’n sug van verligting slaak wanneer die intelligen­sie-eenheid hom met ope arms verwelkom nadat binnelands­e sake hom van alle skuld vrygespree­k het. “In die tweede seisoen was Kevin se tema ambisie,” sê LaRoyce. “Hy was heeltyd op soek na sy plek by intelligen­sie en in die eenheid, en het probeer om sy rol uit te brei. Atwater het ’n sportagter­grond, hy weet wat dit beteken om deel van ’n span te wees en jou rol te moet speel. Indien jou doen wat jy moet doen, sal alles uitwerk.”

1 Kevin het gaan leer om ’n akteur te wees, maar het in komedie begin en sê Jason Beghe (Chicago PD se skrikwekke­nde, taai, humorlose Voight) is is skreeusnaa­ks. “Hy is een van die snaaksste mense. Hy kan sonder beplanning oor enigiets uitvaar en dís baie snaaks,” sê LaRoyce en lag. 2 Dít is die 29-jarige LaRoyce se eerste hoof-TV-rol en hy erken hy nie geweet wie “Kevin” was nie – hy het ’n oudisie vir ’n “gewone polisiekar­akter” gedoen. 3 Die skrywers van Chicago PD het dele van LaRoyce se agtergrond gebruik om Kevin te skep – hy kom selfs van Harvey, die buurt in Chicago waar LaRoyce vandaan kom. “My tuisdorp weerspieël Chicago in die geweld, bendes en tekort aan hulpbronne,” sê hy. “My gunsteling­deel van die storie is dat ek ’n goeie voorbeeld is van wat Harvey kan oplewer.” 4 LaRoyce het vir fans getweet #BePowerful en verduideli­k sy oupa het altyd gesê: “Teen 211 °F (99,5 °C), raak water baie warm, maar kook eers teen 212 °F (100 °C), moet dus nie die ekstra graad terughou nie. Want teen 212 kan water stoom maak en die stoom is sterk genoeg om lokomotiew­e aan te dryf. Druk dus deur tot by die ekstra graad en wees sterk genoeg om dinge in jou lewe rond te skuif.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa