TV Plus (Afrikaans)

Expresso

Seisoen 7 SABC3 (*193) 06:30 Leefstyl

-

Om sy nuwe rol as pa met sy aanbieders­werk by die ontbytprog­ram Expresso (2010-nou) te kombineer, hou Graeme Richards op sy tone. Die 39-jarige skerts hy raak nog gewoond daaraan om sy danskampio­en-lewensmaat, Lindsey Muckle, met hul sewe maande oue seuntjie, Jack, te deel. “Nes ek is Jack ’n bondeltjie energie, en hy hou ons heeltyd aan die gang. Hy het my baie oor myself geleer,” vertel Graeme, wat in 2012 by Expresso aangesluit het ná hy sportanker by die e.tv-program Sunrise (2008-nou) was. Jy het dus ontbytprog­ramme geruil? [Lag.] My plan was om my volle aandag aan toneelspee­l te wy toe ek by Sunrise weg is. Ek het van Joburg Kaapstad toe getrek en ’n paar weke later het ’n vriend my van die aanbieders­pos by Expresso vertel. Nes met Sunrise het ek as sportanker begin, maar ek doen nou verslag oor leefstyl, glansmense en ander nuus – dis ’n pretkant van die vermaakwêr­eld wat ek nooit gedink het ek sou dek nie. Hoe het jou aanbieders­vaardighed­e by Expresso verander? Ons leef in ’n wêreld waar die nuus elke sekonde verander. Die program is regstreeks, ons gooi alles bymekaar en hou die bal aan die rol. My vaardighed­e as onderhoudv­oerder het baie verbeter. [Lag.] Expresso is ’ n ontbytprog­ram met ’ n sterk celeb- en vermaakele­ment . . . Ons het meer as 2 miljoen mense wat elke oggend kyk. Dis groot en dis iets waarop ek trots is. Ons vorm ’n band met ons kykers, en op hul beurt het hulle ons deel van hul daaglikse roetine gemaak. Watter gaste het jou tot dusver beïndruk?

Ek het die kans gekry om saam met emeritus-aartsbisko­p Desmond Tutu en my ma, Sue Hopkins, tee te drink. Dit was spesiaal om die twee passievols­te mense wat ek ken, bymekaar te kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa