TV Plus (Afrikaans)

Erfsondes

Seisoen 6 SABC2 (*192) 19:00 Drama

-

Denver Vraagom (45) het die afgelope jaar as voltydse regisseur by die sepie 7de Laan (2000-nou) bewys hy is net so ’n knap regisseur as akteur. 7de Laan-kykers sal Denver as die destydse karakter Sheldon onthou. Maar al geniet hy regie baie, is Denver se toneeltale­nt nie vir kykers verlore nie. Hy was in seisoen 2 van Swartwater (SABC2, 2017) as Riaan Deetlefs te sien, en tans speel hy die sakeman Preston in Erfsondes (2007-2012 & 2017).

Hoe sal jy jou karakter Preston beskryf?

Preston is ’n sakeman in murg en been. Hy is ook baie lief vir sy nuut ontdekte familie, die Septembers. Ma September (Denise Newman) het eers in die vorige seisoen van Erfsondes die geheim van haar voorkind Preston onthul.

Hoe is Preston se verhouding met sy halfbroer, Ricci (Mortimer Williams)?

Dis ’n liefdehaat-verhouding, want vir Preston gaan dit hoofsaakli­k oor geld en vir Ricci oor die liefde vir kos maak.

Preston is tog bietjie spandabelr­ig?

Ja, veral wanneer dit by meisies kom wat hy wil beïndruk.

Wat is jou goue reël vir akteurs wanneer jy regie vir 7de Laan doen?

Leer jou woorde! Leer jou woorde! As ’n akteur sy woorde goed ken, kan jy werk met bv. nuanses en oorgange. Ons kan die prentjie dan mooier inkleur. Doen dus jou huiswerk en werk aan die subteks.

Hoe is jou verhouding met jou vrou, Ingrid Paulus (40), wat Vanessa speel, op stel?

Ons hanteer dit baie profession­eel. Ek en Ingrid sal tussen tonele koffie drink, maar ons sê nie vir mekaar Baby op stel soos ons tuis doen nie.

Watter les het jy geleer by jul dogter, Skye (13), wat outisties is?

Wees altyd eerlik.

 ??  ?? Denver by sy vrou, Ingrid Paulus, en hul dogter, Skye.
Denver by sy vrou, Ingrid Paulus, en hul dogter, Skye.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa