TV Plus (Afrikaans)

“Ek wil SA besoek”

Nikki Bella het reeds planne vir seisoen 3 van Total Bellas.

-

Total Bellas Seisoen 2 Sondae E! Entertainm­ent (*124) 20:55

Nikki Bella is so fiks en viets soos enige sportvrou in die wêreld, maar toe tvplus die WWE Diva en realiteits­ter by haar huis in Florida, VSA, bel, het sy gehunker na haar gunsteling-kosvergryp. “Dis negeuur in die oggend maar ek soek ’n Maple Long John-donut! Dis hemels!” En hoewel sy deesdae nie so aktief in die stoeikryt is nie, het Nikki meer as genoeg om haar mee besig te hou danksy haar program Total Bellas (2016-nou).

Buiten vir die fisieke deel, wat is die groot verskil tussen WWE en Total Bellas?

Ons laat kykers in ons privaat lewe toe. Ons maak kontak met hulle op ’n persoonlik­e vlak – “Hallo, wêreld. Hier is ek. Kyk, dis wie ek regtig is.”

Is dit makliker om met familie saam te werk, soos jou ma, Cathy, en broer JJ?

Dit maak realiteits-TV makliker om te verfilm, want jy is net jouself wanneer jy ontspanne saam met jou mense is.

Baie realiteits­programme is al gekritisee­r omdat hulle kwaai geredigeer word . . .

Ons doen minimale redigering. Ons probeer ons fans wys ons is nie perfek nie. Wat hulle sien, is wie ons regtig is. www.facebook.com/tvplus

Het jy en jou tweelingsu­s, Brie, enige ander rolle in die program?

Ons is ook die uitvoerend­e vervaardig­ers. Wanneer ons nie voor die kameras is nie, kyk ons dus van agter die skerms.

Wat is die vreemdste gerug wat jy ná ’n episode gehoor het?

My verloofde, John Cena, kom oor as senuagtig, maar hy’s een van die mees ontspanne ouens wat jy sal teëkom. Daar was ’n storie op Twitter dat ons ná ’n relletjie uitmekaar is. Dit was belaglik. En my gunsteling is dat ek en Brie nie ’n tweeling of eens susters is nie. Kan jy dit glo! [Lag.]

Jy maak ’ n grap wanneer jy sê jy staan soggens eers agtuur op, nè?

Ja, ek’s gewoonlik teen 05:30 uit die vere – ek hou daarvan om vroeg te oefen sodat my hare en grimering gedoen kan word en verfilming teen negeuur kan begin. Die optof is eintlik groot pret vir my.

Jy geniet dus vrouegoed, maar gee ook nie om om ’n vingernael in die WWE-kryt te breek nie.

[Lag.] Ek kou my naels en dis die slegste gewoonte. Jiggie!

Hoekom het jy nie saam met die WWE-span SA besoek toe hulle laas hier was nie?

Dit was in die tyd van my nekbeserin­g [Nikki het ’n nekwerwel-fraktuur gehad en moes korrektiew­e chirurgie ondergaan vroeg in 2016]. Brie was gaande oor die land en het my so jaloers gemaak. Die vliegtyd is ook nie sleg nie [lag], want daar’s meer as genoeg TV om te kyk. Wie weet, miskien kom ek gou kuier!

Wat is jou TV-gunsteling? [Die fantasiere­eks] Game Of Thrones (2011-nou). As jy eers begin kyk, kan jy nie ophou nie. Ek het nog nie die boeke gelees nie, maar met die reeks wat so goed is, is dit rêrig nodig?

Het jy enige idees vir Total Bellas se volgende seisoen?

Ek sou baie graag in die program wil trou! Ons laat mense in so baie van ons lewe toe, hoekom nie dit nie?

 ??  ?? Nikki (links) en Brie het as realiteits-TV-sterre ontpop met hul program.
Nikki (links) en Brie het as realiteits-TV-sterre ontpop met hul program.
 ??  ?? Nikki wil in seisoen 3 met John Cena trou.
Nikki wil in seisoen 3 met John Cena trou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa