TV Plus (Afrikaans)

Days Of Our Lives

Weekdae e.tv (*194) 17:30 Sepie

-

Will Horton (Guy Wilson) se swartsmeer­storie teen sy ma, Sami (Alison Sweeney), het konsternas­ie veroorsaak toe dit haar geniepsige vendetta onthul het, asook die naam van een van haar teikens: Abby (Kate Mansi), haar man, EJ (James Scott), se minnares. Sami se eksminnaar Chad DiMera het niks daarvan geweet nie, en haas terug na Salem op Vrydag 17 November. Dus, welkom terug, Chad . . . maar jy lyk anders? Days-fans, ontmoet Billy Flynn, wat die rol by Casey Deidrick oorneem.

1 Billy is nie oorspronkl­ik as akteur opgelei nie. Ná sy BSc-graad met finansies as hoofvak aan die St. Cloudstaat s universite­it in 2007, was hy van 2010 tot 2014 ’n finansiële ontleder vir Warner Bros. Studios. In sy aftyd is hy as ’n akteur opgelei voor hy na LA verhuis het om ’n akteur te wees. Voor die rol in Days het dié 32-ja2 rige rolle vertolk in kortflieks en advertensi­es, asook ’n gasrol in Hawaii Five- 0 (2010-nou), as Nick Spitz in seisoen 4 episode 16. 3 Meer as 400 akteurs het ’n oudisie vir die rol van Chad afgelê. 4 Eers na hy by Days aangesluit het, het Billy uitgevind EJ gaan weg. “Hulle het gesê: ‘Chad kom in en hulle soek ’n nuwe hoofspeler.’ Toe tref dit my, ‘Ek gaan die enigste DiMera wees!’” 5 Billy kon Chad na sy voorkeur verander. “Ek kon meer van die bose goed bysit en van die simpelgeit ontslae raak,” sê Billy. 6 Billy is op 1 Oktober 2016 met Gina Comparetto getroud en het vir haar ’n rol in een episode van Days gekry.

• Lees meer op bl. 18.

 ??  ?? Casey Deidrick het eers Chad gespeel.
Casey Deidrick het eers Chad gespeel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa