TV Plus (Afrikaans)

Ouboet En Wors

Seisoen 1 kykNET (*144) 20:00 Komedie

-

Yollie van Tonder (Sally Campher) van Orkney Snork Nie (1989-1992) het destyds, net soos haar dowwe wederhelf Ouboet (Frank Opperman), volksbesit geword. Maar al het daar reeds baie water in die see geloop, het Yollie nie juis verander nie. “Ouboet en Yollie stry nog net so baie en vertrou mekaar glad nie,” vertel Sally. “Gelukkig probeer hul seun, Hendrikkie (Kaz McFadden), die vrede tussen Yollie en Ouboet bewaar.”

Jy is met Willie Esterhuize­n (vervaardig­er en skrywer) se broer Pieter (die regisseur en kameraman) getroud en julle almal werk saam?

Westel is omtrent ’n familiesaa­k. Behalwe ek, Willie en Pieter, doen Willie se seun Toby die klank en sy dogter Teya behartig die kostuums.

Gaan jy ooit jou wederhelf Pieter teë wanneer hy as regisseur jou touwys maak?

Nee, het ’n fyn oog en hy is ook die redigeerde­r. Dus vertrou ek sy oordeel.

Pieter Jy is ook die grimeerkun­stenaar op die stel? Omdat Ouboet En Wors ’n hedendaags­e reeks is, duur dit nie so lank om die grimering doen nie.

En jy is ’ n fliekverva­ardiger? Ek het in 2012 die kortfliek Die Prins En Die Panelbeate­r vir kykNET se Silwersker­mfees vervaardig, en my seun, Jano (28), was die regisseur. In 2013 het die kortfliek Ompad vir dieselfde fees gevolg en toe was my dogter,

Sanchia (26), die regisseur. Vroeër vanjaar was ek die vervaardig­er van my eerste vollengte fliek, Raaiselkin­d. Dit is gegrond op Annelie Botes se gelyknamig­e roman (2008). (Raaiselkin­d word in Februarie 2018 uitgereik.)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa