TV Plus (Afrikaans)

Op die herstelpad

Tim word stadig maar seker gesond ná sy kopbeserin­g.

-

Tim (Marco Spaumer) se lewe is sedert einde September stormagtig. Die jong argitek het ’n erge kopbeserin­g opgedoen wat daartoe gelei het dat hy sy vermoë om te teken, sy werk en sy meisie, Danni ( Vashti Prins), verloor het. Maar daar is ’n silwer randjie, want vanaf Woensdag 22 November is Tim uiteindeli­k op die herstelpad.

KUNSTERAPI­E

Daar is beslis ’n deurbraak in Tim, wat skaars ’n pen kon vashou, se toestand. “As deel van sy herstelpro­ses het hy ingestem om vir terapieses­sies te gaan en het begin skilder,” deel Marco. Sy rou en indrukwekk­ende kuns het sy vriende en familie beïndruk. En op Woensdag 22 November moedig sy pel, die Oos-wes-restaurant­kelner Justin (Eden Classens) hom aan om sy skilderye te verkoop. Maar Tim is nie oortuig nie. “Sy skilderye is vir hom erg persoonlik. Daarin stort hy al sy emosie en frustrasie. Dit gaan nie vir hom oor geldmaak nie. Dis ’n manier om homself weer te vind,” sê Marco.

SKILDERYSM­OUS

Danni, met wie Tim intussen versoen geraak het, is op Maandag 27 November in twee geskeur. “Sy tob oor die kans wat sy die vorige week gewaag het om foto’s van Tim se skilderye aan die skatryk sakevrou Bridgette (Denise Newman) te wys. Bridgette is gaande oor die kuns, want sy versamel kuns, maar het geen idee dis Tim wat dit geverf het nie,” sê Vashti. Op Woensdag 29 November maak Bridgette ’n aanbod op Tim se kuns wat Danni ontkant vang. Nou moet sy dink hoe sy haar skilderysm­ousery aan Tim gaan verduideli­k. Sterkte, Danni!

 ??  ?? Tim kom weer reg deur te skilder. Danni smous met Tim se skilderye.
Tim kom weer reg deur te skilder. Danni smous met Tim se skilderye.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa