TV Plus (Afrikaans)

Op soek na ’n sondaar

Katlego word geskors omdat hy glo ’n vraestel gesteel het.

-

“Die Polokwane-kookskool bied studente die geleenthei­d om die wêreld te kan pak, maar sy resep vir sukses is 'n ramp,” sê Patrick Seleka, wat die rol van die studentesj­ef Katlego speel. Alle klasse is op Vrydag 17 November gestaak toe sjef Marlene (Camilla Waldman) ontdek het daar is 'n vraestel soek – en die naïewe Kat is steeds in die middel van die drama. Hy is reeds op sjef Marlene se swartlys omdat hy met 'n medestuden­t,

Candice (Liza van Deventer), uitgaan, maar op Woensdag 22 November het hy 'n gevoel iemand het vir hom 'n strik gestel. “Kat werk hart en siel aan alles. Hy soek nie moeilikhei­d nie, maar moeilikhei­d is altyd op sy spoor,” sê Patrick.

DUBBELE DRAMA

Op Donderdag 23 November word die studente ondervra en “hulle is gefrustree­r”, sê Patrick. “Hulle is 'n hegte 'familie' en wil dié gemors opgeruim hê sodat hulle vir die eindeksame­n kan voorberei.” Patrick voeg by dit is veral moeilik vir sy karakter, want Kat probeer sy skoolwerk en persoonlik­e probleme tuis balanseer. “Kat se familie verwag net die beste van hom en besef nie dat dit tot die druk op sy studies bydra nie. En dié heksejag help nie veel nie.”

WEDLOOP TEEN TYD

Sjef Marlene ontdek 'n dossier met die geskiedeni­s van Kat se oortreding­e op Maandag 27 November, wat insluit sy inhegtenis­neming vir kriedietka­artbedrog in November 2016. “Maar hy is skuldig bevind omdat hy met die oortreders geassosiee­r is,” sê Patrick. “Nimrod en Fanie (Buhle Maseko en Gift Mokhampany­ane) het agter die bedrog gesit. Kat het nie die bankkaarte gesteel nie en hy het ook nie 'n vraestel gesteel nie,” sê Patrick. Op Donderdag 30 November word Kat geskors en terwyl hy verbied is om by die kookskool te kom, gaan soek Candice en sy vriendin Mapitsi (Mogau Motlhatswi) op Dinsdag 5 Desember na leidrade wie vir hom 'n lokval stel. “Al wat Kat kan doen, is studeer,” sê Patrick. “Hy wil voorbereid wees vir die eksamen wanneer hulle hom vryspreek.”

 ??  ?? Kat en sy ouma, Koko, hoor in die skoolhoof se kantoor wat sy lot is.
Kat en sy ouma, Koko, hoor in die skoolhoof se kantoor wat sy lot is.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa