TV Plus (Afrikaans)

Hier volg die nuus

-

Die stroomdien­s Netflix het sy politieke riller House Of Cards (2013-nou) gekanselle­er nadat die ster Kevin Spacey erken het hy het wel onwelvoegl­ike seksuele toenaderin­g in die verlede gesoek. Seisoen 6 gaan die laaste seisoen wees en Kevin se karakter, Frank Underwood, gaan waarskynli­k van skerm af sterf, want die netwerk “wil niks met hom te doen hê nie. Hulle het ook ander projekte met Kevin gekanselle­er en foto’s van hom van hul webwerwe en dienste onttrek,” volgens ’n ingeligte. Warner Bros. en die aanlynvide­odiens Amazon voer glo gesprekke oor ’n TV-reeks oor Lord Of The Rings, en Amazon se baas, Jeff Bezos, “hanteer self die onderhande­lings”. Dit is nie bekend of enige akteur in die flieks (2001-2003) hul eie rol sal speel nie, maar volgens bronne “gaan dit ’n baie duur operasie wees. Die regte vir Tolkien se werk kos meer as $250 miljoen (R3,6 miljard) en dan moet die produksiek­oste nog bygereken word!” BEDERFBROK­KIE! Fans van Days Of Our Lives (1965-nou) in die VSA kry ’n dubbele dosis van karakters wat uit die dood terugkeer. Nie net lewe Will (Chandler Massey) weer nie, maar Eileen Davidson het laat glip dat dit iets te doen het met haar terugkeer as Susan (sien bl. 18 vir Susan se huidige storielyn). “Die skrywers het hulle op ’n koel en onverwagte manier verbind, dis terselfder­tyd snaaks, tragies en vermaaklik,” terg sy. Diana Gabaldon, die skrywer en skepper van die periodefan­tasie Outlander (2014-nou), het bevestig die reeks gaan aan en uitgevaar teen aanlynkrit­ici “en kenners wat dink hulle ken my gedagtes”. Volgens hulle beplan sy om die hoofkarakt­ers Jamie en Claire (Sam Heughan en Caitriona Balfe) te laat sterf, want “ek is ’n ouma en wil nie meer boektoere doen nie. Dit is glad nie waar nie,” sê Diana. Die komende Superman-voorreeks, Krypton, het die oupa van Superman gevind vir sy uitreiking in 2018. Cameron Cuffe ( William in die Britse periodedra­ma Halcyon, 2017-nou) sal die rol vertolk van Seg-El, ’n ingenieur wie se familie uitgesluit word op die planeet Krypton 200 jaar voor Kal-El/ Superman gebore is, en “hy baklei om die planeet te red van chaos en terreur,” sê Cameron. Paula Malcomson (Abby in die drama Ray Donovan, 2013-nou) sluit by hom aan as die matriarg Charys-El. Die D sangeres-aktrise Brandy Norwood N het gerugte laat ontstaan o dat Moesha (1996-2001) ( dalk hervat h gaan word nadat n sy en haar medesterre m saam was w op die kletsprogr­am p The Real (2013-nou). ( “Ons het ’n slot nodig, want w die laaste episode e het op ’n spannende s noot geëindig. Miles is ontvoer, ons weet nie wie swanger was nie . . . ’n Mens weet w nooit.” Hoewel H die riller- dramareeks True T Detective (2014-nou) in elke e seisoen nuwe spelers en nuwe storielyne het, het Woody Harrelson reeds “enige aanbieding” van die hand gewys en gesê: “Ek wil nie hê iemand moet sê: ‘ Hy is nie so goed in dié rol nie’ of ‘ die eerste een was beter’ nie. Ons het fantasties­e werk in die eerste seisoen gedoen en ek is trots daarop.” Fans van die sci-fi-reeks Westworld (2016-nou) sal dalk tot 2019 vir seisoen 2 moet wag nadat Zahn McClarnon (Mathias in die aksieprogr­am Longmire, 2012-2017), wat ’n herhalende rol speel, “’ n ernstige besering” opgedoen het.

 ??  ?? Eileen Davidson is terug as Susan in Days Of Our Lives.
Eileen Davidson is terug as Susan in Days Of Our Lives.
 ??  ?? Kevin Spacey is nie meer Frank Underwood in House Of Cards nie.
Kevin Spacey is nie meer Frank Underwood in House Of Cards nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa