TV Plus (Afrikaans)

Binnelande­rs

Ivanka se terugkeer gee Conrad en Annelize idees.

-

Sedert die blonde bom Ivanka (Leandie du Randt Bosch) op Donderdag 16 November terug is in Pretoria, is daar nuwe onderstrom­inge, gevoelens maar ook heelwat kwellinge in Binneland. Conrad (Hykie Berg) dink sy pa, dr. At Koster (Hans Strydom), se eksmeisie is iets vir die oog en wanneer Conrad op Dinsdag 28 November Ivanka se verloofde, die welgesteld­e hotelmagna­at Graham

Jenkins (Neill McCarthy), ontmoet, kry Conrad ’n nuwe plan om sy pa heeltemal te ontmagtig. Dalk roes ou liefde nie en het sy pa nog gevoelens vir Ivanka – en dit kan Conrad finaal al die Binneland-beheer gee waarvan hy droom. Dis nou as hy ’n kans kry, want almal is agterdogti­g oor Ivanka se ware bedoelings.

KOEL ONTMOETING

Conrad besluit om sy pa se moontlike gevoelens vir Ivanka as ’n wapen te gebruik. “Conrad wil At se vrou Jana (Brümilda van Rensburg) teen haar man laat draai. At wil binnekort die stemproses vir besluite oor die kliniek deur middel van die raad wysig, en as Jana dink At hou nog baie van Ivanka, kan dit ’n wig tussen haar en At indryf en sal sy dalk teen hom stem,” vertel Hykie. Maar meer oor Conrad en sy bondgenoot Annelize (Cindy Swanepoel) se planne wil Hykie nie uitlap nie.

Leandie beaam dit is duidelik Jana beskou Ivanka nog as ’n bedreiging. “Jana is op Vrydag 24 November tydens hul eerste ontmoeting baie ongemaklik in Ivanka se teenwoordi­gheid. Ek kan verstaan hoekom Jana so teenoor Ivanka voel, want At en Ivanka was twee jaar gelede regtig lief vir mekaar. En enige vrou wil haar territory beskerm,” sê Leandie. “Maar Jana hoef nie bekommerd te wees nie, want Ivanka het aanbeweeg en is smoorverli­ef op Graham.”

IS DIT WARE LIEFDE?

Conrad is nie die enigste een wat nie oortuig is van Ivanka se bedoelings nie. Ivanka se familie, haar oom

Okkie (Ben Kruger) en haar niggie Ilse (Hannelie Warren), wonder ook of Ivanka regtig lief is vir Graham. Ilse vind juis op Woensdag 22 November uit Driesie (Cayleb du Randt), Ivanka se susterskin­d waarna Ivanka meestal omsien, is ernstig siek met ’n lewerkwaal. Ivanka, wat in Brakpan woon, het Driesie Pretoria toe gebring om te kyk of die dokters in Binneland iets vir hom kan doen. “Hulle wonder of Ivanka net met Graham wil trou omdat hy welgesteld is en met die mediese onkoste kan help,” vertel Hannelie.

Maar Ivanka verseker Okkie Driesie se siekte het niks met haar verlowing te doen nie. “Aanvanklik wou sy nie vir Okkie en Ilse van Driesie se siekte vertel nie, omdat sy hulle in die verlede telkemale met haar huishoudel­ike en persoonlik­e probleme belas het,” sê Leandie.

NOG MEER WAT WONDER

Die agterdog oor Ivanka knaag ook aan At, want al kan hy tans nie goed sien nie, is hy nie blind vir die onderstrom­inge nie. At kry op Donderdag 23 November sy handlanger Piet (Deon Coetzee) om op Graham te spioeneer.

Intussen het At se halfbroer, Louis (Germandt Geldenhuys), ook sy bedenkinge oor die blondine se intensies. “Louis dink Ivanka is ’n fortuinsoe­ker. Eers was Ivanka agter sy halfbroer aan, en nou is sy verloof aan ’n skatryk man wat, nes At, baie ouer as sy is,” sê Germandt. Maar op Maandag 27 November sing Louis ’n ander deuntjie wanneer hy Ivanka beter leer ken in Nagskof.

Leandie skerm ook vir haar karakter: “Ivanka is regtig lief vir Graham as mens en nie oor sy geld nie. Ivanka se bedoelings is suiwer. Sy wil mense help en versoen waar sy kan, en probeer selfs vrede maak tussen At en Conrad.” Maar dit lyk of Ivanka onwetend ’n pion in die Conrad-At-stryd kan word – en dit terwyl sy doodbekomm­erd is oor haar susterskin­d wat daagliks sieker word.

 ??  ?? Ivanka is Xtexrxuxgx­met haar siek susterskin­d en ’n ryk verloofde aan haar sy. Driesie het ’n ernstige lewerkwaal.
Ivanka is Xtexrxuxgx­met haar siek susterskin­d en ’n ryk verloofde aan haar sy. Driesie het ’n ernstige lewerkwaal.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa