TV Plus (Afrikaans)

Suidooster

Lee-Ann tel die stukkies van haar lewe op ná Adam se verraad.

-

Die kranige besigheids­vrou Lee-Ann Jacobs (Portia Joel) se sprokieshu­welik het in 'n kwessie van 'n maand ná haar kitstroue in Oktober verbrokkel. En niemand het dit sien kom nie, veral nie Lee-Ann wat gewoonlik maklik snuf in die neus kry as iets nie pluis is nie. Maar nou is haar man, Adam Jantjies (Kevin Smith), skoonveld en sy sit met die gebakte pere, 'n seer hart en n gekrenkte trots . . . Daar hang 'n somber atmosfeer in Ruiterbosc­h op Woensdag 22 November wanneer Bridgette (Denise Newman), Lee-Ann se suster, haar probeer oortuig om die sentrumfun­ksie, waarby Lee-Ann belang het, by te woon. Maar Lee-Ann wil niks daarvan weet nie. Ian (Abduraghma­an Adams), haar swaer en vorige sakevennoo­t by Suidooster Eiendomme, smelt tydens die funksie die twee besighede, Suidooster Eiendomme en die Suidoos- ter-winkelsent­rum, saam in 'n enkele maatskappy – “en vir Lee-Ann, wat Ian ve verpes, is dit 'n bitter pil om te sluk,” slu vertel Portia. “Boonop voel sy s vernederd en wil nie haar gesig in die openbaar wys sedert s Adam (op 8 November) verdwyn v het en al haar geld gesteel g het nie. Sy is immers Lee-Ann Lee Jacobs wat nie op haar laat l tt trap nie en hier draai die kammaliefd­e van haar lewe haar en almal om haar 'n rat voor die oë,” voeg Portia by.

’ N HUPSTOOT

Moedeloos M en platsak val Lee-Ann op Donderdag 23 November verder in 'n g gat van depressie, tot 'n ou vr vriend, AB (Cedwyn Joel), wat Aalwyn Apteek in die Suidooster Sentrum huur, haar moed inpraat. Hy stel voor sy sluk haar trots en word weer die bestuurder van die sentrum. “Dit is nie die ideale oplossing vir Lee-Ann nie,” sê Portia. “Maar sy het 'n werk nodig, veral nou omdat sy geen geld het nie.”

Op Maandag 27 November sal kykers oplet Lee-Ann het weer 'n lus vir die lewe en sy gaan klop aan Ian se deur om te hoor of sy weer saam hom kan werk. Teen Dinsdag 28 November is sy weer op kantoor, maar alles verloop nie so goed soos sy gehoop het nie. “Adam spook nog by haar,” sê Portia. “Maar Lee-Ann is nie iemand wat gaan lê nie. Sy besef die hele situasie het reeds soveel van haar af weggeneem en sy kan nie toelaat dat dit haar as mens vernietig nie. Sy is immers 'n vegter en elke keer wanneer die lewe haar stampe en stote gegee het, het sy nog altyd opgestaan om dit weer vierkant in die oë te kyk.”

VIND WEER JOU VOETE

Stadig maar seker begin Lee-Ann haar voete in die lewe vind op Woensdag 29 November. En soos ons haar ken sal sy nog vir Adam, haar lafaardman, in die hande kry, vanhom skei en die waarheid oor hoekom hy haar in die rug gesteek het, uit hom wurg. “LeeAnn is nie iemand wat vergewe en vergeet nie,” waarsku Portia.

 ??  ?? Lee-Ann moet nou weer saam het haar aartsvyand Ian (inlas) werk.
Lee-Ann moet nou weer saam het haar aartsvyand Ian (inlas) werk.
 ??  ?? Adam en Lee-Ann op hul troudag einde Oktober.
Adam en Lee-Ann op hul troudag einde Oktober.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa