TV Plus (Afrikaans)

Isidingo

DNS-drama dreig om die Zamdela-familie te verdeel met Matlala en Nina wat teenoor mekaar staan.

-

“Georgie (Darlington Michaels) wou altyd ’n wettige erfgenaam hê en nou het hy dalk een. Daar was

Obakeng (Anga Makubalo), maar hy is Georgie se kleinseun – daar is ’n groot verskil,” sê Robert Mpisi, wat Matlala speel, oor sy aankoms in The Deep op Woensdag 1 November en die feit dat hy moontlik ’n Zamdela is. Hoewel sy waarskynli­ke pa straal van trots, is daar ’n Zamdela wat nie te gelukkig was oor Matlala se koms nie: sy potensiële suster Nina (Khabonina Qubeka). “Sy was gewoond daaraan om haar pa se oogappel te wees, maar nou word sy eenkant toe geskuif,” vertel Khabonina. “Sy weet nie hoe dinge gaan uitwerk nie.” Nie dat fans lank sal hoef te wag nie: Die DNS-toetsuitsl­ae is gereed op Woensdag 22 November en dis tyd om uit te vind of Matlala ’n Zamdela is.

DIE WAARHEID, OF . . .

Nina kry op Woensdag 22 November die uitslae dat Matlala nie haar broer is nie, en voel Matlala moet die een wees wat die nuus aan pa Georgie breek. “Maar hy weet nie hoe om die onderwerp met Bra Georgie aan te roer nie,” sê Robert. “Matlala wil met Georgie praat [op Donderdag 23 November], maar iets val altyd voor. Dit gaan ’n lang wag wees!” En Robert maak nie ’n grap nie – ’n week later, op Donderdag 30 November, het Matlala steeds nie met Georgie gepraat nie, al waarsku Nina hom: “Doen dit, of . . .!”

VERTEL OF VLUG

Met Matlala wat die spanning uitrek omdat hy nie kans sien om met Bra Georgie te praat nie, “noem Nina hom ’n lafaard [op Vrydag 1 Desember]. Sy is moeg vir sy speletjies en dring daarop aan dat hy Georgie vertel,” sê Robert. Met Nina se druk op hom en die las van die DNS-uitslae op sy skouers, vlug Matlala op Maandag 4 Desember uit The Deep, want hy het tyd nodig om te dink. Matlala maak dit straks ’n permanente skuif, want Georgie vind in elk geval die waarheid uit. “Tog is dit nie die einde van Matlala nie,” verklap Robert. “Die draaiboeks­krywers is nog besig met die details. Ek sou graag wou hê dat hy deel van die Zamdela-familie bly, ongeag wat die uitslae sê . . .”

REDE VIR DIE JALOESIE

Matlala wou op niemand se tone trap toe hy by die familiebes­igheid betrokke geraak het nie, vertel Robert. “Georgie het Nina gevra om gaaf met haar broer te wees [op Donderdag 2 November], maar sy was nie in die bui daarvoor nie. Nina het heeltyd vir Matlala gesê sy hoop nie hy’s hier met sy oog op die Zamdela-erfenis nie, en sy maak die lewe moeilik vir hom.”

Bra Georgie het uit sy pad gegaan om Matlala deel van die familie te laat voel. Georgie het selfs vir hom gesê om hom nie oor ’n vaderskapt­oets te bekommer nie, want “Matlala is ’n Zamdela deur en deur en Georgie kan in sy oë en hart sien hy is sy seun”, vertel Robert. Georgie was dus op Dinsdag 14 November omgekrap toe hy Nina en Matlala met ’n selfdoen-DNS-toets betrap. Maar pleks daarvan om sy humeur te verloor, het Georgie sy seun meer by die familiebes­igheid betrek. “Georgie het vir Nina gesê om ‘die klein goedjies’ te los, want Matlala kan dit hanteer.” Soos op Donderdag 16 November toe daar drama met die taxibestuu­rders was – Matlala is gestuur om die saak te beredder. “Dit het Nina net meer jaloers gemaak en meer jaloesie beteken meer agterdog!”

 ??  ?? Georgie het nou ’n regte familie. Of so dink hy. Matlala wil nie moeilikhei­d maak nie. Nina hou haar “broer” fyn dop.
Georgie het nou ’n regte familie. Of so dink hy. Matlala wil nie moeilikhei­d maak nie. Nina hou haar “broer” fyn dop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa