TV Plus (Afrikaans)

Scandal!

Iemand help om Quinton en Hlengiwe se romanse te kelder.

- DINTLE (Mapaseka Koetle) BABY KJ (Mckenzie Myburgh) ROMEO (Hungani Ndlovu) DAMON (Craig Urbani)

Ontbied die polisieman Lerumo (Tshepo Mosese), want daar was ’n liefdesmis­daad by die dakwoonste­l! Quinton (Brighton Ngoma) skop sy meisie Hlengiwe (Nqobile Khumalo) op Woensdag 22 November uit ná hy ’n selfoonboo­dskap kry wat daarop sinspeel dat sy hom verkul. Heeltemal te veel mense lyk in hul noppies – maar wie het daardie boodskap gestuur? Motief: Quinton het die ma van sy baba en datebederw­er uit die dakwoonste­l na ’n gemeubilee­rde kamer in Sandton geskuif. Dintle noem dit ’n “hool” vol “vreemde huurders” en rotte. Ek is onskuldig: “Dis nie my skuld nie! Ek dink net aan my baba. Ons verdien ’n goeie lewe. In. Die. Dakwoonste­l.” Ek verdink: “As jy my vra, is dit Romeo.” Motief: Die prinses is bang daai rotte begin aan haar tone knaag. Sy lyk dalk te jonk, maar enige kind van Dintle het moontlik al haar Instagramr­ekening in die baarmoeder opgestel. Ek is onskuldig: “Ek is heeltemal te oulik om so vuil te baklei! Kyk my lokkies!”

Ek verdink: “Hlengiwe was vies omdat Pappa my nog hier rond wil hê. Dalk het sy nonsens aangejaag sodat sy huis toe kan gaan – soos toe ek tannie Zinzile (Gcina Nkosi) moeg gemaak en sy my teruggevat het na Mamma toe.” Motief: Romeo het verlief geraak op Hlengiwe ná hy op Maandag 6 November om verskoning moes vra omdat hy haar gedreig het toe sy met Romeo se ma ’n onderhoud gevoer het. Ek is onskuldig: “Dit was tog nie ek nie?” Ek verdink: “Dintle het sekerlik alle rede om Hlengiwe, wat Dintle se klein paradys kom versteur het, te verdryf.”

Motief: Damon het nie ’n nuuskierig­e joernalis in die familie nodig nie. Toe Hlengiwe destyds sy skelmstrek­e wou onthul, het hy haar na die skuldige laat lyk en haar reputasie verwoes.

Ek is onskuldig: “Ek sal nie so laag daal nie. Ek hou nogal daarvan om ’n gesin te hê. Layla (Natasha Sutherland) en Quinton beteken baie vir my en ek sal dit nie in gevaar stel nie.”

Ek verdink: “Wat van daai polisieman Lerumo? Ek kan hom saam met Hlengiwe sien, dink jy nie so nie?”

 ??  ?? Hlengiwe is glad nie beïndruk nie wanneer Quinton (inlas) haar uitskop.
Hlengiwe is glad nie beïndruk nie wanneer Quinton (inlas) haar uitskop.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa