TV Plus (Afrikaans)

Sepies in die VSA

-

BOLD

Liam is woedend oor Bill se onderduims­heid, maar die twee sluit ’n ooreenkoms. Liam sê vir Sally Spectra Fashions gaan nie heropen word nie en hulle probeer haar maatskappy red, maar Bill smee planne om die Spectra-gebou te verwoes. Brooke is nie meer seker of sy van Bill wil skei nie nadat Steffy haar vertel Bill en Liam het vrede gemaak, en Thorne keer terug (nou vertolk deur Ingo Rademacher), wat ’n stokkie steek voor Ridge se plan om Brooke die hof te maak. Intussen wonder Eric en Quinn wat hulle met Sheila se portret in die Forrester-herehuis moet doen.

DAYS

Chad en Abby vrees vir hul lewe nadat hulle gehoor het Ben is uit die tronk, en Victor en Maggie klink ’n glasie omdat hulle Bonnie uit die Kiriakis-herehuis geskop het, maar Eve maak op die huis aanspraak, en sy onthul dat sy wetlik Deimos se weduwee is. Eve wonder of Paige, soos Will, uit die dood gaan terugkeer, en Sami, Sonny, Marlena, John en Paul soek antwoorde op Will se “heropstand­ing” in Memphis – net om hulle in ’n gewapende Susan Banks vas te loop! Kate vra Theo se hulp om die DiMera-ondernemin­g se geheime saboteur te ontmasker, en Paul ontdek ’n geheim in Memphis maar steek dit vir Sonny weg.

Y&R

Dina vind uit Jack en Ashley val vir Graham aan nadat hulle haar in Florida opgespoor het, en Victor maak Victoria ’n verleideli­ke aanbod. Billy beskuldig Jack daarvan dat hy Victoria vergiftig het, maar is verras toe hy ondersoek instel na hoe Victoria vergiftig is. Victor kry lekker wanneer Nick se sakeplan plat val, en Sharon vra Tessa uit oor haar bande met Zack. Mariah deel ’n geheim, en Gloria se verlede spook by haar. Nick is jaloers op Scott se noue bande met Sharon, Victor en Faith. Hilary grawe in Jordan se verlede, en ’n brand breek by The Undergroun­dkroeg uit.

 ??  ?? Ashley (Eileen Davidson) en haar ma Dina (Marla Adams) het baie om te bespreek in Y&R.
Ashley (Eileen Davidson) en haar ma Dina (Marla Adams) het baie om te bespreek in Y&R.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa