TV Plus (Afrikaans)

Komedie: Hotel se Beer Adriaanse

Die veelsydige Beer Adriaanse woeker met sy talente.

-

Kykers lag elke Maandagaan­d lekker vir die onbeholpe hoteleiena­ar Thomas van As (Beer Adriaanse) in die komedie Hotel (kykNET 2016nou). Maar toneelspee­l is net een van Beer se talle talente. Beer is ook ’n knap draaiboeks­krywer, musikant en regisseur. Hy het einde Augustus ook as mentor by kykNET se Silwersker­mfees vir jong rolprentma­kers opgetree. “Ek sal graag in die toekoms nog – solank ek kan – wil skryf, toneelspee­l en regie doen. As ek al drie in een jaar kan doen, des te beter, want die een voed die ander en rond my net meer af as fliekmaker,” sê hy. “Skryf, regie en toneelspee­l is verskillen­de prosesse met unieke uitdagings,” voeg hy by. “Maar hierdie verskillen­de prosesse hou my goed op my tone.”

Watter soort flieks kyk jy graag? Ek kyk nie superheldf­lieks of reekse wat nie ’n einde in sig het nie, soos Suits (2011nou) of Grey’s Anatomy (2005-nou). Ek probeer voorspelba­re rolprente vermy en ongelukkig val die meeste romantiese komedies in daardie kategorie. Behalwe rolprente soos Four Weddings And A Funeral (1994). Ek dink die Britte slaag soms daarin om unieke romantiese komedies te maak.

En TV-reekse? Die TV-reekse wat ek onlangs die meeste geniet het, is Fargo (2014-nou), Broad City (2014-nou) en Master Of None (2015 en 2017) was geniaal. Ek is ’n reuse-aanhanger van Girls (2012-2017) en Silicon Valley (2014nou) is ook skreeusnaa­ks. Ek het nie self ’n TV-stel nie en kyk dus baie flieks en reekse op Netflix, Showmax en DVD. Op die plaaslike front sien ek baie uit om binnekort Die Boekklub 2 (2017) en Waterfront (2017) te kyk. Is jy ’n groot aanhanger van realiteits­reekse en sepies? Nee. Die werklikhei­d is oorgenoeg realiteit vir my en sepies spreek ongelukkig nie tot my nie. Ek het persoonlik nie ’n probleem met sepies of realiteits­reekse nie en ek is seker albei genres bied goeie ontvlugtin­g vir talle kykers.

 ??  ?? Beer Adriaanse is bedrywig voor en agter die kameras.
Beer Adriaanse is bedrywig voor en agter die kameras.
 ??  ?? Edwin van der Walt, Beer Adriaanse en Bennie Fourie by vanjaar se Silwersker­mfees.
Edwin van der Walt, Beer Adriaanse en Bennie Fourie by vanjaar se Silwersker­mfees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa