TV Plus (Afrikaans)

Realiteit: My Vreemde Vriende

DuPreez Strauss ontmoet van sy vreemde Facebook-vriende.

- My Vreemde Vriende Seisoen 1 Vrydae VIA (*147) 21:00 (begin 1 Desember)

Baie mense het Facebook-vriende wat hulle nog nooit in hul lewe ontmoet het nie – wat nog te sê ken? Die musikant en komponis DuPreez Strauss, wat onder meer die musiek vir die realiteits­reeks Spieëlbeel­d op kykNET & kie geskryf het, spog met nie minder nie as 5 000 Facebook-vriende. Hy het op ’n dag besluit om 13 van sy Facebook-vriende te kies en hulle persoonlik te ontmoet, en die resultaat was propvol verrassing­s, vertel DuPreez.

HORISONNE VERBREED

DuPreez, ’n boorling van Bloemfonte­in wat al op vier kontinente (Afrika, Europa, Amerika en Asië) gewoon het, het ’n allemintig­e CV. Hy was onder meer al produksie bestuurder, TV- vervaardig­er, komponis, dirigente n musiek regisseur .“Ek het van kleinsaf besluite k wil nie net in Bloemfonte­in bly nie, maar my horisonne verbreed. Ek hou daarvan om ander mense se kulture en ander subkulture te leer ken,” vertel hy.

DuPreez, wat aanbieder en vervaardig­er van die realiteits­reeks SugarRushe­d (TopTv, 2012-2013) was, vertel My Vreemde Vriende is allermins ’n reisprogra­m, al verbreed hy sy horisonne. “Ek het 13 Facebook-vriende gekies wat heeltemal in ’n ander wêreld as ek leef, en dan leer ek hul wêrelde vanuit my eie hoek beter ken. Dit is amper soos ’n sosiale eksperimen­t. Ek wou uitvind of die mense wat ek gekies het, se lewe hoegenaamd ooreenstem met die lewe wat hulle op hul Facebook-bladsye uitbeeld. Ek wou ook uitvind hoekom mense aanlyn vriende met totale vreemdelin­ge word,” vertel DuPreez.

 ??  ?? Die avontuurlu­stige DuPreez het al op vier kontinente gewoon.
Die avontuurlu­stige DuPreez het al op vier kontinente gewoon.
 ??  ?? Op die strand in Muizenberg, waar hy branderpla­nk gery het.
Op die strand in Muizenberg, waar hy branderpla­nk gery het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa