TV Plus (Afrikaans)

Realiteit: My Kitchen Rules SA

David Higgs het alles gesien en geëet in My Kitchen Rules SA.

- My Kitchen Rules SA Seisoen 1 Sondae M-Net (*101) 18:00

In seisoen 1 van My Kitchen Rules SA (2017-nou) is vele liplekker geregte en ’n paar flops opgedis. “Maar dit gaan oor meer as die kos,” verduideli­k die beoordelaa­r David Higgs. “Moet my nie verkeerd verstaan nie –die kos en die kombuis vaardighed­e is die hoofbestan­ddeel. Maar kreatiwite­it en oorspronkl­ikheid is belangrik, en ons [David en sy medebeoord­elaar en foodie J’Something van die band MiCasa] kyk ook daarna.”

Met die seisoenfin­aal op Sondag 10 Desember wat naderkom, wie weet beter van die beproewing­s en uitdagings in die kombuis as gesoute sjefs soos David? Wanneer hy nie by My Kitchen Rules SA (MKRSA) is nie, bedryf hy restaurant­e soos Marble in Joburg, en in 2015 was David die reisende sjef vir die fietsryspa­n MTN- Qhubeka by die Tour De France.

Watter eienskap sal die wenners van die res onderskei?

Volharding! Ek het regtig simpatie met die deelnemers – hulle is nie profession­ele sjefs nie. Hulle is huiskokke. Die druk waaronder hulle nou geplaas is in die program, dag na dag, gereg na gereg, is intens. Jy moet jou hoed daarvoor afhaal. Ek dink die span wat kan vasbyt en na ons terugvoeri­ng luister en dit kook waarmee hulle goed is, sal wen. Hou dit eenvoudig. Moenie dinge kompliseer nie. Dit was nog altyd ons terugvoeri­ng.

Is jy verras deur jou rol as ’n MKRSA-beoordelaa­r?

Ja, beslis. Vir my was dit belangrik om regverdig te wees, want ek wou eerlike en billike kritiek lewer. As iets my ontstel, sal jy daarvan weet en dieselfde geld ’n gereg waarvan ek hou. Om daardie boodskap oor te dra was my grootste uitdaging. Ek dink ek en J’Something het dit reggekry.

Is dit moeilik om uitdrukkin­gloos te lyk wanneer jy die disse proe?

Ek het besef ek moet versigtig wees om nie te veel weg te gee nie. Partykeer was iets duidelik fantasties of ’n flop, en daar’s duidelike tekens wat kykers sal oplet – maar ek gaan jou nie vertel nie, anders bederf dit die finaal. [Lag.] Ek en J’Something het gebare wat ons gebruik sonder dat iemand weet, en dis nogal pret.

Hoeveel eet jy regtig van elke gereg?

Ons eet letterlik volle maaltye – wat jy op TV sien, is presies wat gebeur. Ons proe ook hier en daar terwyl die spanne besig is om agter te kom waarheen hulle met die gereg op pad is.

Daar’s altyd ’n paar ongelukkie­s op kosprogram­me . . .

[Lag.] By MKRSA is dit presies dieselfde. Een van die benoudste oomblikke was in episode 12 [29 Oktober] toe Bruce hom sleg met sy nuwe mes raak gesny het. Al wat ons gehoor het, was: “Me=ee-dic!” Daar was ook ’n paar verbrande disse, maar niks ernstigs wat nie in ’n normale huisof industriël­e kombuis gebeur nie.

Wie het jou en J’Something die meeste verras?

Elke span het die een of ander tyd hul oomblik. Tien uit tien vir Jamandi en

Machiel – hulle sou in die kombuis rondskarre­l, maar op kritieke tye met wonderlike smake vorendag kom. Ek was ook beïndruk deur die span van OG en G wat koelkop onder druk gebly het.

 ??  ?? Die sjef David Higgs kyk met ’n kreatiewe oog na kos.
Die sjef David Higgs kyk met ’n kreatiewe oog na kos.
 ??  ?? Die deelnemer Bruce het sy hand raak gesny.
Die deelnemer Bruce het sy hand raak gesny.
 ??  ?? David en sy medebeoord­elaar, J’Something.
David en sy medebeoord­elaar, J’Something.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa