TV Plus (Afrikaans)

Showmax

Pure Genius se dokters het toegang tot hope tegnologie.

-

Danksy die internet-TV- diens Showmax kan jy nou een van die top- mediese dramas op jou TV, skootreken­aar, selfoon of tablet sien! Al 13 episodes van Pure Genius (2016), wat die baanbreker dokters van Bunker Hill-hospitaal volg, kan gevideostr­oom of afgelaai word. Die leier is James Bell (Augustus Prew), ’n miljardêr en tegno-foendi, wat die nuutste en beste masjinerie en tegnologie aan sy personeel beskikbaar gestel het om lewens te red. “James volg sy eie kop,” verduideli­k Augustus. “Ek het na ander rykes, soos Steve Jobs, Mark Zuckerberg en Elon Musk, gekyk en iets van elkeen ingesluit, maar James doen gewoonlik sy eie ding.” Pure Genius het wel spoggerige, blink knoppies en hoëtegnolo­gieraak skerms, maar daar is elemente wat met die mediese tegnologie in die regte wêreld ooreenstem, soos . . .

DRUKSTUKKE

Die dokters gebruik 3D-drukkers om enigiets van vermiste bene tot ligamente en hartkleppe te bou! • En dít gebeur in die regte lewe ook. Dele van pasiënte se skedels en kake word gedruk, asook eenvoudige­r goed, soos ribbebene en heuppotjie­s. Chirurge kan pasiënte se kondisies noukeurig regstel en dele soos ’n legkaart laat pas.

HOU ’N OGIE

Pasiënte het hoëtegnolo­gie horlosies wat met Bunker Hill se hoofstroom rekenaar gekoppel is. Dié horlosies stuur vroeë waarskuwin­gs aan die hospitaal. Pasiënte se statistiek­e word onmiddelli­k teruggevoe­r en die personeel kan ’n probleem voorspel voor dit gebeur. • Tans kan dokters net pasiënte in die hospitaal monitor. Hulle kan dus – vir eers – pasiënte nie in reële tyd volg nie.

DIE PLEK IS ALLES

In episode 6 doen dr. Wallace (Dermot Mulroney) ’n operasie op ’n ruimtevaar­der in ’n ruimtestas­ie. Praat van ’n buitengewo­ne prosedure! • Snaaks genoeg, dit gebeur gereeld! Dokters hoef nie in dieselfde kamer of hospitaal te wees om ’n operasie uit te voer nie. Die toetschiru­rgie – “Die Lindbergh- operasie” – is in 2001 gedoen en ’n robot, wat deur ’n dokter op ’n ander vasteland beheer is, het ’n pasiënt se galblaas verwyder!

KITSDIAGNO­SE

In Pure Genius kan dokters ewe maklik ’n proteïente­kort bepaal as ’n gebreekte arm diagnoseer. Dis moontlik danksy kits-X-straal-masjiene waarmee dokters binne-in hul pasiënte kan sien. • As dit maar so maklik in die werklike lewe was. Tans duur dit ’n geruime tyd om sekere toetse te doen. Daar is net een manier, maar dokters weet ten minste hoe ’n voet aangeheg moet wees. ’n Slegte breek kan dis gou-gou gediagnose­er word.

ALLES OP PAPIER

In die program gebruik die dokters digitale tablette (soos iPads) om pasiënte se inligting te bêre en te bekom. Geen kontroleka­arte, papierwerk of liasseer kabinette nie! • Dit is al beproef, maar papierwerk is steeds nodig. Die versekerin­g en mediese fondse vereis steeds vorms om die geskiedeni­s van die pasiënt by te hou.

WAT IS SHOWMAX?

Showmax is Afrika se grootste internet-TV- diens, met duisende reekse, flieks en dokkies wat beskikbaar is vir binge-kyk teen net R99 per maand. Jy kan soveel Showmaxree­k se kyk as wat jy wil, sonder beperkings. Jy kan een maand betaal en die volgende maand jou intekening kanselleer, en dan weer inteken wanneer jy gereed is. Dit hang van jou af. Gaan na www. showmax.com om in te teken vir ’n gratis proeftyd van twee weke!

 ??  ??
 ??  ?? James Bell (grys baadjie), die baas van Bunker Hill, en sy dokters kyk hoe dr. Wallace, die hoofchirur­g, werk aan ’n hart wat in 3D gedruk is.
James Bell (grys baadjie), die baas van Bunker Hill, en sy dokters kyk hoe dr. Wallace, die hoofchirur­g, werk aan ’n hart wat in 3D gedruk is.
 ??  ?? Die span skakel met die ruimtestas­ie om ’n operasie daar uit te voer .
Die span skakel met die ruimtestas­ie om ’n operasie daar uit te voer .
 ??  ?? In Bunker Hill is ’n kamer met kaarte waar pasiënte heeldag gemonitor word.
In Bunker Hill is ’n kamer met kaarte waar pasiënte heeldag gemonitor word.
 ??  ?? Gebreekte bene is kinderspel­etjies.
Gebreekte bene is kinderspel­etjies.
 ??  ?? Met digitale toebehore is kontroleka­arte onnodig.
Met digitale toebehore is kontroleka­arte onnodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa