TV Plus (Afrikaans)

Die lelike eendjie blom

Hilda eksperimen­teer met nuwe modes om haar voorkoms op te kikker.

- 7de Laan

Weekdae SABC2 (*192) 18:00

“Die mat is onder Hilda se voete uitgeruk met die dat Oubaas (Pierre van Pletzen) verlede maand ’n ander vrou gekies het en hul huwelik tot ’n einde gekom het,” vertel Annelisa. “Dit het Hilda genoop om haar r lewe in oënskou te neem en sy y is nou reg om nuwe ervarings aan an te pak,” voeg sy by. En dit is hoekom Hilda op Woensdag 22 November besluit dis tyd vir ’n nuwe voorkoms. Maar dis nie ’n moeitelose makeover r vir die serpiekoni­ngin nie!

HOOG EN HOËR

Haar eerste probeersla­g op die dag is met hoëhakskoe­ne, maar sy breek amper ’n enkel soos sy in Oppiekoffi­e steier. Die kelnerin Nozi (Dimpho More) sien hoe Hilda op die hakkies sukkel en help haar om met hulle te loop – en dis nie lank nie of Hilda sweef elegant in haar nuwe skoene. Nou vir stap 2 . . .

’N GROOT FLOP

Die volgende dag, op Donderdag 23 November, kry Hilda modewenke by die boetiekass­istent, Vernon (Duanne Williams). “Hy raai haar aan om weg te bly van blommetjie­s en patroontji­es en leer haar om die regte kleurkombi­nasies te gebruik,” sê Annelisa. In tipiese Hilda-styl gaan dollie sy haarself op en paradeer op Vrydag 24 November voor die Hillsiders wat in ongeloof na haar staar. “Hilda lyk bietjie verspot met ’n kort rompie, wilde hare en helder grimering en die Hillsiders kan nie help om dit amusant te vind nie.” Connie (Quinne Brown Huffman), die boetiek bestuurder, kom gelukkig op Maandag 27 November tot Hilda se redding en omtower haar behoorlik. Ai, ons wens ons kan nou al die nuwe voorkoms onthul, maar ons kan verklap dis dalk net wat Hilda nodig het om weer ’n man se oog te vang.

 ??  ?? Vernon dink Hilda trek te bont aan.
Vernon dink Hilda trek te bont aan.
 ??  ?? Hilda probeer grimeer.
Hilda probeer grimeer.
 ??  ?? Hilda leer met hakke loop.
Hilda leer met hakke loop.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa