TV Plus (Afrikaans)

Ivan en Leon toets ons fliekkenni­s

Rolprentli­efhebbers en -kenners ding mee in ’n nuwe realiteits­reeks op kykNET.

-

FliekNET Foendies Seisoen 1 Donderdae kykNET (*144) 20:30 (begin 1 Februarie)

As jy dink jy het 'n deeglike algemene kennis van rolprente, kan jy Donderdaga­ande gerus nader skuif wanneer fliekvrate mekaar pak in kykNET se nuwe realiteits­reeks FliekNET Foendies. Die rolprentre­sensent Leon van Nierop het sy fliekkenni­s ingespan en deeglik navorsing gedoen om uiteindeli­k sowat 1 000 vrae vir die program op te stel. “Dit was 'n groot uitdaging en ek het self nuwe feite geleer,” vertel Leon.

VARS VRAE EN GOEIE BALANS

Leon sê hy het kopgekrap om die vrae vir die deelnemers op te stel. “Ek wou nie dieselfde vrae soos: ‘Wie het die rol gespeel van . . .?' of ‘Uit watter rolprent kom . . .?' te veel herhaal nie. Ek het toe probeer om 'n wye verskeiden­heid vrae op te stel wat anders is as die gewones,” verduideli­k hy.

Wanneer deelnemers met te veel moeilike vrae gepeper word, kan dit hul moed breek, daarom het Leon ook 'n balans tussen maklike en moeilike vrae gehou. Nog 'n uitdaging was om bekende rolprente soos Fatal Attraction (1987) asook kunsflieks soos Manchester By The Sea (2016) in te sluit.

Leon moes sorg dat ons Afrikaanse flieks nie agterweë bly nie. Hy sê: “Die probleem is daar is min bekende Afrikaanse rolprente vergeleke met internasio­nale flieks. En nie baie mense ken Afrikaanse of internasio­nale rolprente wat voor 1980 vervaardig is nie, daarom moes ek op moderne flieks soos Vir Die Voëls (2016) fokus.”

Leon wou seker maak die vrae is nie bo die deelnemers se vuurmaakpl­ek nie en het dit vooraf op vriende en lede van die produksies­pan getoets. “Ek het ook probeer vrae vra wat die kyker by die huis se belangstel­ling sal wek, want die kyker kom altyd eerste.”

NUWE INLIGTING EN SENUWEES

Leon het die navorsing, wat 'n hele maand geduur het, baie geniet. “Ek het weer eens besef hoe lief ek vir rolprente is. Daar was ook nuwe interessan­te agter- die-skerms-feite.”

Hy sê die deelnemers het hom in die algemeen beïndruk. “Ek kon nie glo hulle kon onder soveel druk en span- ning funksionee­r nie. Hul blitsvinni­ge antwoorde was vir my 'n riem onder die hart. Ek was net effens teleurgest­eld in die meeste deelnemers se kennis van klassieke Afrikaanse rolprente.”

Die senuwees het self eenkeer by Leon begin knaag toe die vrae op sy tablet tydens die Breinbreke­rs-kategorie – waartydens hy binne 90 sekondes 15 vrae vir elke deelnemer vra – skielik verdwyn het. “Toe die vrae weer opkom, moes ek van vraag 1 vinnig afbeweeg na vraag 11, maar gelukkig het niemand iets agtergekom nie en die deelnemer is nie deur die verposing benadeel nie. Ek het wel in 'n paar sekondes 'n paar jaar ouer geword!”

 ??  ??
 ??  ?? Ivan Botha (links), ankeraanbi­eder, Brümilda van Rensburg, wat ’n gasverskyn­ing maak, en die mede-aanbieder en fliekkenne­r Leon van Nierop.
Ivan Botha (links), ankeraanbi­eder, Brümilda van Rensburg, wat ’n gasverskyn­ing maak, en die mede-aanbieder en fliekkenne­r Leon van Nierop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa