TV Plus (Afrikaans)

“Gielie is net liefde,” sê maerder Wynand

Wynand speel die groot ou met die groot hart.

- Ouboet En Wors

Gielie ( Wynand van Vollenstee) kan sy baas, Wors ( Willie Esterhuize­n), met sy laksheid en onnosele opmerkings soms teen die mure uitdryf, maar die groot akteur het die afgelope paar maande diep in talle kykers se hart gekruip. “As ek Gielie in een woord moet opsom, is dit liefde. Gielie is eerlik en het geen bybedoelin­gs nie,” sê Wynand. “Hy is eintlik nog pure kind en het nie sy onskuld verloor nie. Boonop is hy vreesloos, want hy weet nog nie waarvoor hy bang moet wees nie. Behalwe vir sy ma, Martha (Karin van der Laag), natuurlik, want Gielie is vrekbang vir haar,” lag Wynand.

JONGER WEERGAWE

“Eintlik is Gielie maar net ’n jonger weergawe van Wors,” skerts Wynand. “Gielie is ook nie op sy mond geval nie en ja, Wors is self nie van die brightste nie.” Hy kan ook goed verstaan hoekom Gielie so dikwels in Boeboe (Liane Heyl) se skoonheids­alon rondhang. “Antie Boeboe is die mooi- ste vrou wat Gielie nog gesien het. As hy niks anders het om te doen nie is die beauty salon sy chill room. Tot Wors se ergernis, natuurlik!”

Wynand was baie opgewonde toe Willie hom verlede jaar nader om Gielie te speel. “Dit is ’n voorreg, ’n groot seën en pret om deel van die familie te wees.” Sy mede-akteurs Willie, Frank Opperman (Ouboet), Lizz Meiring (Molly) en Sally Campher (Yollie) kom al ’n lang pad saam met hul onderskeie karakters, en Wynand en

Kaz McFadden, wat Ouboet se seun Hendrikkie speel, was die enigste groentjies. Maar dit het Gielie nie van stryk gebring nie en hy was van die eerste dag op stel soos ’n vis in die water. Hy het ook maklik aan sy karakter geslyp. “Ek het Gielie op niemand gebaseer nie en hom sommer gou in Willie se dialoog gevind.”

GROOT PASSIES

Wynand (32), wat op Witbank grootgewor­d het, vertel hy het ná matriek van 2002 tot 2003 hotelspyse­niering en -bestuur by Damelin-kollege studeer. “Hoewel ek op skool reeds in baie produksies by die Witbankse teater gespeel het, wou ek eers ’n beroep in die hotelbedry­f volg. Ek het in 2004 in Londen gaan werk waar ek alles onder die son gedoen het. Ek het skottelgoe­d gewas, kamers skoongemaa­k en hotelbestu­ur gedoen.”

Sy passie vir toneelspel het die oorhand gekry en hy het ná sy terugkeer in 2005 drie jaar lank drama aan TUT (Tshwane Universite­it Van Tegnologie) in Pretoria geswot. “Ná my studies het ek hier en daar ’n klein rolletjie vertolk en die hoofrol van Kallie in die fliek Karate Kallie (2009) gekry.”

Wynand was baie lywiger in Karate Kallie. “Ek het die afgelope twee en ’n halwe jaar 73 kilogram verloor. Ek het my hele leefstyl en dieet verander en hopelik ook ’n paar jaar by my lewe gevoeg,” vertel hy. Maar van oefening sê hy laggend: “Nee wat, jy gaan my nie sommer in ’n gimnasium kry nie.”

Mans praat nie maklik oor hul gewigsprob­leme nie en dis waarom hy besluit het om ’n eenmanvert­oning, ’n Gewigtige Saak, te skryf en op te voer. Lizz Meiring behartig die regie en die produksie gaan vanjaar landwyd en onder meer by die OppiWater- (15-20 April) en die Vrystaat-Kunstefees (8-14 Julie) opgevoer word.

Hy het ook ’n ander groot passie: musiek. “Ek is lief vir sing en het reeds ’n paar liedjies geskryf. Ek wil graag my debuutalbu­m in die middel van die jaar uitreik. Maar mense moet nie iets komies verwag nie, ek sing meesal mellow ballades.”

Wanneer hy nie sy tyd met toneelspee­l of musiek verwyl nie, bring hy graag tyd saam met sy gesin deur. Wynand het sy vrou, Leani, wat ’n franchise van die Tina Cowley Reading Centre in Helderkrui­n, Roodepoort, besit, in hul studenteda­e ontmoet en hulle is die trotse ouers van ’n oulike rooikop-knapie, Evan (3).

En wat maak klein Evan wanneer hy sy pa in Ouboet En Wors sien? “Hy raak baie opgewonde en sê heeltyd Pappa Gielie, saamry op tuk-tuk!” vertel Wynand. En ons is seker klein Evan skaterlag net so baie soos ons vir Gielie met die groot hart.

 ??  ??
 ??  ?? Wynand van Vollenstee as Gielie, by die tuk-tuk waarmee hy by die werk rondry. Wynand, sy vrou, Leani, en klein Evan (3).
Wynand van Vollenstee as Gielie, by die tuk-tuk waarmee hy by die werk rondry. Wynand, sy vrou, Leani, en klein Evan (3).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa