TV Plus (Afrikaans)

Nuwe aanbieders, dieselfde glans!

Twaalf celeb-sterre sit hul beste voetjies voor wanneer hulle hul danspassie­s uitvoer.

-

Dancing With The Stars SA Seisoen 1 Sondae M-Net (*101) 17:00 (begin 4 Februarie)

Om die dansvloer te betree is oorweldige­nd genoeg, so stel jou voor die hele land hou elke tree van jou dop. Dit is die werklikhei­d vir 12 onopgeleid­e plaaslike celebs wat hul dansskoene in die realiteits­reeks Dancing With The Stars SA (2018-nou) “inwy”. En so te kan dans voer hulle hul passies saam met ’n profession­eel opgeleide danser uit. Soos met die dansers het die vervaardig­ers verkies om uit die vermaakwêr­eld te meng en pas, sê die vervaardig­er Kee-Leen Irvine. “Wanneer ons die celebs kies, kyk ons na flieks, TV, sport, musiek, radio en enigiets tussenin. Gelukkig het almal wat ons genader het, ingestem en kon hulle die tyd inruim wat vereis word vir repetisies en die regstreeks­e verfilming.”

STAP VIR STAP

Soos met die gewilde SABC2- en SABC3-realiteits­reeks Strictly Come Dancing (2006-2014) sal daar repetisieb­eeldmateri­aal van agter die skerms wees asook die spoggerigh­eid, glans en uitrusting­s versier met blinkertji­es van die regstreeks­e optredes. “Strictly is die oorspronkl­ike titel en formaat,” verduideli­k Kee-Leen, wat ook seisoene 1- 8 van Strictly Come Dancing SA vervaardig het. “Dit is deur die BBC geskep en is wêreldwyd verkoop onder die handelsmer­k Dancing With The Stars.” Sy voeg by: “Die reeks was suksesvol, want dit volg ’n basiese wenformule, tesame met gedurige vernuwing in die produksie, soos met beligting, op die verhoog en ander elemente.”

NEEM DIE VOORTOU

Die vervaardig­ers het ook spesifieke idees gehad oor die aanbieders: Chris Jaftha, wat die leefstylre­eks Top Billing (1996-nou) sedert 2013 aanbied, en die radio- en-TV-persoonlik­heid Tracey Lange, wat die kykNET-leefstylre­eks Bravo! aanbied sedert dit in 2012 begin het. “Chris het ’n loopbaan van meer as 20 jaar in die teaterwêre­ld – hy sing en dans en sy werk in die TV- en fliekbedry­f maak hom nommerpas,” sê Kee-Leen. “Tracey is ’n ervare aanbieder en op die koop toe pragtig. Toe hulle saam voor die kamera verskyn, was dit duidelik hulle pas goed bymekaar.”

STEMME EN BEOORDELAA­RS

Die stemproses is redelik basies en is soos die meeste ander realiteits­reekse, verduideli­k Kee-Leen. “Kykers stem elke week regstreeks tydens die vertonings via SMS. Die punte word 50/50 verdeel tussen die beoordelaa­rs en die kykers, maar in die finaal is dit net die kykers wat bepaal wie die wenpaartji­e is.” Drie pare sal in die laaste episode in April teen mekaar te staan kom.

En wat sal so ’n dansreeks wees sonder regstreeks­e musiek? Die dansroetin­es sal ondersteun word deur ’n regstreeks­e band met sangers op die agtergrond onder die musikale leiding van James Bassingthw­aighte. Elk van die 13 episodes se dansstyle sal gekies word deur die hoofchoreo­graaf, Jason

Gilkison, in oorleg met Kee-Leen. Jy kan verwag om alles te sien, van die wals en salsa tot die tango en paso doble – en daar sal een of twee tuimels wees, waarsku Kee-Leen. “Dis nie maklik nie. Die celebs het ’n kontrak vir ’n ernstige uitdaging aangegaan!”

Die celebs en hul profession­ele dansmaat sal ure lank oefen voordat hulle die dansbaan aandurf vir hul eerste uitvoering – tot 12 uur per week terwyl hulle hul draaie en swaaie in die dansatelje­e doen! Dit gaan toeneem soos die weke verbygaan, want die beoordelaa­rs gaan elke beweging met arendsoë dophou, en op die uitkyk wees na die geringste foutjie. En die deelnemers sal nie kan bluf nie, want die beoordelaa­rs kom uit die dansbedryf en weet watter punt ’n paartjie verdien.

Die res van die paneel word nog geheim gehou, maar as Jason se kwalifikas­ies ’n aanduiding is, gaan baie vereis word om te beïndruk. Die Australies­e choreograa­f is ’n baldanskam­pioen en is sedert 2004 kreatiewe direkteur by Strictly Come Dancing UK (2004-nou).

 ??  ?? Sal die aanbieders Chris Jaftha en Tracey Lange ook ’n draai maak op die dansbaan?
Sal die aanbieders Chris Jaftha en Tracey Lange ook ’n draai maak op die dansbaan?
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa