TV Plus (Afrikaans)

Sjef Chris verklap van sy kosgeheime

Die sjarmante sjef Chris Smit deel sy passie en kosgeheime.

-

Of dit ’n wortelkaas­koek of gemarineer­de biefstukri­bbetjie is, daar’s min geregte en gebak wat die bobaas-sjef Chris Smit nie kan bemeester nie. Waar sommige uithalerko­kke hul kosgeheime dig bewaar, is Chris allesbehal­we suinig om syne te deel – en dis altyd lekker om iets nuuts by die kosfoendie te leer. In die tweede seisoen van Geure Uit Die Vallei neem Chris kykers weer op ’n reis deur die Franschhoe­k-vallei in die Wes-Kaap, die bron van sy inspirasie. Daarna wys hy hoe om smullekker disse en gebak aanmekaar te slaan wat selfs groentjies kan baasraak.

INSPIRASIE IS ORAL

Chris, wat in Phalaborwa in Limpopo grootgewor­d het, woon die afgelope tien jaar in Franschhoe­k en wou met die leefstylre­eks sy skilderagt­ige tuiste aan die res van Suid-Afrika bekendstel. “Die Franschhoe­k-vallei bied iets besonders en roep jou altyd terug,” sê hy.

Sy inspirasie spruit nie net uit die goudbruin wingerde, blou berge of lowergroen weivelde nie. “Ek vind elke dag inspirasie oral om my. Dit kan die geur van ontbyt wees wanneer ek soggens verby die gastehuise stap, of dalk ’n smaaklike gereg wat ek by vriende geëet het.”

Maar al is jy hoe bedrewe in die kombuis, is dit nie ’n maklike taak om voor die kameras te kook nie. “Die bakwerk is seker die moeilikste. As jy brood wil bak en die brooddeeg te lank laat rys, val dit plat. Pasteideeg val weer uitmekaar as dit te warm is. Wanneer sulke flaters wel op kamera gebeur, is dit belangrik om kykers te wys hoe om die situasie te red om steeds goeie resultate te kry.”

ELTON JOHN EN MADIBA

Dis nie net moderne resepte wat Chris agter die kospotte laat inspring nie. “Ek hou deesdae daarvan om met tradisione­le familieres­epte te werk. Dit bring soveel goeie herinnerin­ge uit my kinderdae terug. Ek verander die ou resepte hier en daar en kry my ma, Elsie Smit, se mening oor die aanpassing­s,” vertel Chris.

Sy liefde vir kos maak het juis in sy ouma se kombuis begin. “My ouma Tiekie Zwarts het tydens skoolvakan­sies in die Krugerwild­tuin vir my resepte gegee om uit te probeer. My hele familie is lief vir kook.”

Chris het sowat agttien jaar gelede voltyds begin kook en was tot agt jaar gelede die uitvoerend­e sjef van die landelike herehuis La Residence in Franschhoe­k, waar hy al vir bekendes soos die Britse sanger sir

Elton John gekook het (in 2004). Staatshoof­de soos wyle oudpres. Nelson Mandela het ook by sy tafel aangesit. “Ek het jare gelede, ek kan nie onthou presies wanneer nie, in Pretoria by ’n geleenthei­d gekook waar Madiba ’n gas was en het ’n eenvoudige dis, hoenderpot­jie met rys en slaai, voorgesit. Dit was ’n groot voorreg vir my.”

DIE WENRESEP

Chris, wat deesdae van sy huis af werk, deel sy geheim vir ’n suksesvoll­e maaltyd: “Sonder om tegnies te klink, is dit ’n goeie balans tussen die teksture en die smaak van die hoofbestan­ddeel. Dus is eenvoud belangrik.”

Chris glo kook moenie ’n stresvolle gedoente wees nie, maar genotvol. Dis ’n filosofie wat hy daagliks toepas: “Kook met bestanddel­e van goeie gehalte en maak seker hoe die eindresult­aat moet wees. Leer uit jou foute en gryp nuwe uitdagings aan,” sê die gesoute sjef. En maak nie saak in watter gemoedstoe­stand jy jou kombuis binnestap nie, Chris glo jy moet dit altyd met ’n breë glimlag verlaat.

 ??  ??
 ??  ?? Chris se hond, Sophia, is ’n bekende gesig in sy TV-reeks en ewe tuis voor die kameras.
Chris se hond, Sophia, is ’n bekende gesig in sy TV-reeks en ewe tuis voor die kameras.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa