TV Plus (Afrikaans)

Hoekom dié reeks anders is en jy dit nie kan mis nie

Tvplus loer agter die skerms van die reeks oor ontrouheid.

-

Skelmpie Seisoen 1 Saterdae kykNET (*144) 20:00

Jy moet braaf wees as jy besluit om jou vuil wasgoed op TV uit te blaker – soos die slagoffers van egbreuk met wie die aanbieder Rian van Heerden (44) in die nuwe realiteits­reeks Skelmpie (2018-nou) praat. Die program kyk na skelm verhouding­s en alles wat daarmee gepaard gaan: van die fisieke daad tot hoe dit uitkring en ander raak. Ons het agter die skerms gaan loer om die feite agter die reeks uit te snuffel – en glo ons, dit kan nie vergelyk word met oorsese reekse oor ontrouheid soos Cheaters (2000nou) en Jerry Springer (1991-nou) nie.

DIE KONSEP

Die reeks was die idee van niemand anders nie as Rian, en dié radio- en TV-persoonlik­heid is ook medevervaa­rdiger van die program. “Ek het sowat 'n jaar gelede met kykNET begin gesels oor die konsep en ná vele vergaderin­gs en lekker gesprekke is Skelmpie gebore,” vertel Rian. Hy het saamgespan met die filmmaker en vervaardig­er Stefan Neeth

ling (38) van die produksiem­aatskappy New Day Films, en in Junie 2017 was alles gereed en kon die opnames begin.

’N NUWE AANSLAG

In Skelmpie gee Rian die betrokke partye die geleenthei­d om hul kant van die saak te stel. Stefan sê: “Die reeks se doel is nie dat die man of vrou op die egbreker of skelmpie skree en handgemeen raak nie.” Allesbehal­we, want Rian en kie doen juis moeite om die egbreker se identiteit en privaathei­d te beskerm deur net hul eerste naam te noem of dit in sommige gevalle anoniem te bespreek.

“Die persoon wat egbreuk gepleeg het, kry ook die kans om in die program te verskyn om hom- of haarself te verdedig,” voeg Stefan by. In gevalle waar hulle nie bereid is om op TV te verskyn nie, word 'n familielid of vriend van die slagoffer betrek, of 'n kenner soos advokaat

Johan Schoeman om oor die spesifieke geval te praat.

DIE HERSTELPAD

Rian sê dis moeilik om nie empatie te hê met die slagoffers van skelm verhouding­s nie. “Dis een van die seerste dinge wat met iemand kan gebeur.” Sy doel is om die slagoffers 'n platform te bied waar hulle op die herstelpad kan kom deur hul trauma te deel.

“Ek wil kykers ook leer wat die gevaarteke­ns is as jy vermoed jou wederhelf se oog begin dwaal, maar veral wil ek hulle wys 'n mens kan so iets oorleef. Ons wil hoop bied en kykers laat besef jy kan inderdaad sterker aan die ander kant uitkom,” voeg Rian by.

 ??  ??
 ??  ?? Rian praat met die oudmodel Loui Fish oor haar stormagtig­e huwelik met die sokkerster Mark Fish (in episode 5 op 10 Februarie).
Rian praat met die oudmodel Loui Fish oor haar stormagtig­e huwelik met die sokkerster Mark Fish (in episode 5 op 10 Februarie).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa