TV Plus (Afrikaans)

Kinderloos en desperaat. Renate en Simon kry hulp

Renate en Simon hoop in vitro-behandelin­g kan vir hulle ’n pienkvoet gee.

-

Getroud Met Rugby Weekdae kykNET (*144) 21:00

Die Stryders-rugbyspele­r Simon Greeff en sy vrou, Renate (David Louw en Christel van den Bergh), sukkel al sedert verlede jaar om met ’n gesin te begin. Toe hulle hoor hulle kan nie op ’n natuurlike manier swanger raak nie, was die paartjie verpletter. Maar daar is hoop op die horison wanneer Renate en Simon besluit om vir in vitro-behandelin­g (IVF) te gaan, al hou dit sy eie uitdagings in.

BITTER PIL

“Renate se grootste begeerte is om ’n mamma te word,” sê Christel. “Sy het die afgelope tyd deur hel gegaan en haarself kort-kort afgevra wat fout is met haar dat sy nie kinders kan kry nie.”

Die geboorte van die Stryders-hulpafrigt­er Fafa Beltrame en sy vrou Maryke (Altus Theart en Marijke van der Westhuizen) se seuntjie kort voor Kersfees was ’n verdere bitter pil vir Renate om te sluk. “Sy was baie jaloers,” erken Christel. Maar haar kanse om swanger te raak kan dalk net verbeter wanneer sy en Simon op Donderdag 1 Februarie met die IVF-behandelin­g begin.

PARTYTJIEP­RET

Ná die afspraak is Renate ’n warboel van emosies. “Sy probeer hard om positief te wees, maar die twyfel begin knaag en sy kou naels die behandelin­g gaan nie werk nie,” vertel Christel.

Gelukkig word haar aandag op Maandag 5 Februarie afgelei wanneer Simon se medespeler Blitz ( Werner Coetser) haar vra om hom te help, want hy wil vir sy meisie, die pompon-danseres Silvia (Nastassja Pretorius), ’n verrassing­spartytjie vir haar verjaardag reël.

ALTYD OORBOORD

Soos kykers Renate al ken, doen sy nooit iets half nie. Inteendeel, sy gaan oorboord en op Donderdag 8 Februarie gee sy Blitz grys hare oor die partytjie. “Daar’s geen keer aan Renate nie,” lag Christel. “Sy beplan ’n loopplank, ’n diskobal en flikkerlig­te. En dis maar net die begin!”

Maar Renate kom op Maandag 12 Februarie terug aarde toe wanneer sy en Simon die resultate van die IVFbehande­ling kry. David sê Simon is baie gespanne. “Hy besef hul kanse is skraal, maar daar is hoop in sy hart dit sal werk.” Ons kan nie wag om te hoor of die behandelin­g suksesvol was nie!

 ??  ??
 ??  ?? Renate en Simon wag angstig op die resultate van behandelin­g wat hul lewe kan verander.
Renate en Simon wag angstig op die resultate van behandelin­g wat hul lewe kan verander.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa