TV Plus (Afrikaans)

Ronald jaag terug wanneer Mrs. J ’n oorplantin­g kry

Mrs. J beleef ’n terugslag!

-

Suidooster Maandae-Donderdae kykNET (*144) 18:30

Die Suidooster-sentrum in Ruiterbosc­h se hoofaandee­lhouer, Mrs. J ( Theresa Sedras), se kankerstry­d duur voort. Die gemeenskap se sterk vrou was oortuig daarvan sy is oor die ergste en voel so goed dat sy selfs saam met haar nuwe liefde rondkerjak­ker. Maar die euforie duur nie lank nie.

’N STERK BAND

Ten spyte van haar kankerdiag­nose was daar ’n silwer randjie vir Mrs. J toe sy halsoorkop verlief geraak het op Ronald (Ivan Abrahams),

dr. Siya (Gantane Kusch) se pastooroup­a. “Dis die eerste keer sedert haar man, Henry (nog nie op skerm gesien nie), se dood dat ’n man haar aandag trek,” sê Theresa. “Daar is ’n sterk band tussen hulle en omdat hulle dieselfde waardes deel versterk dit haar aangetrokk­enheid.”

Maar hul liefdespaa­djie skei op Woensdag 31 Januarie wanneer Ronald na sy gemeente in Port Elizabeth in die Oos-Kaap teruggeroe­p word. Ivan sê: “Ronald wil nie vir Mrs. J los nie, maar daar is dringende sake wat hy by sy kerk moet gaan uitsorteer.” Die paartjie geniet ’n laaste kuiertjie saam en rits in die omgewing rond. Hulle eindig hul kuiertjie by die October-huis en wanneer Ronald klaar gegroet en vertrek het, besef Mrs. J skielik iets is fout – en dis nie net haar hartseer wat haar angstig maak nie, sy raak sommer flou!

’N ERNSTIGE SAAK

Mrs. J se dogters, Bridgette (Denise Newman) en

Lee-Ann (Portia Joel), jaag op Donderdag 1 Februarie met haar na die hospitaal waar dr. Siya haar behoorlik ondersoek. “Hy is bekommerd oor haar toestand en sê vir haar dogters haar terugslag is erger as wat hy verwag het,” vertel Theresa.

Vroeg in Januarie is daar toetse gedoen om ’n beenmurgsk­enker vir Mrs. J te vind en haar dogter Lee-Ann se uitslae het gewys sy kan ’n skenker wees. Mrs. J sou eers later vir haar beenmurgoo­rplantings operasie moes gaan, maar weens die terugslag word die operasie vervroeg.

Intussen laat weet Siya vir Ronald wat met Mrs. J gebeur het en Ronald draai in sy spore om. “Hy kan Mrs. J nie nou alleen los nie,” verduideli­k Ivan. “Sy het hom nou nodig in haar donkerste uur en sy gemeente sal moet wag.”

RONALD DIE STEUNPILAA­R

Bridgette verwyt haarself op Maandag 5 Februarie oor haar ma se terugslag. Sy voel sy moes meer moeite met haar ma gedoen het ná sy uit die hospitaal ontslaan is, eerder as om suur te wees oor haar verhouding met Ronald. Ronald bemoedig en ondersteun Mrs. J, maar die bordjies word op Dinsdag 6 Februarie verhang wanneer Ronald se gewete hom begin pla. Hy begin dink hý is dalk die oorsaak van haar terugslag. “Hy glo die uitstappie­s waarop hy en Mrs. J was, was dalk een te veel vir haar gestel. En haar dogters gaan hom kwalik neem as sy nie gesond word nie,” verduideli­k Ivan.

TYD OM TE SNY

Dinge gaan beter met Mrs. J op Woensdag 7 Februarie en sy is in die wolke om Ronald weer aan haar sy te hê. Theresa sê: “Ronald gee Mrs. J hoop en praat haar moed in om nie vir haar komende operasie bang te wees nie.”

Die dag van die operasie breek op Dinsdag 13 Februarie aan en Mrs. J is gereed daarvoor. Maar nou is dit LeeAnn wat senuagtig is oor die prosedure. Ons hoop van harte die operasie is suksesvol, want Ruiterbosc­h sal nie dieselfde wees sonder Mrs. J nie.

 ??  ??
 ??  ?? Mrs. J is verheug Ronald is terug.
Mrs. J is verheug Ronald is terug.
 ??  ?? Mrs. J jaag haar kinders die skrik op die lyf wanneer sy flou word.
Mrs. J jaag haar kinders die skrik op die lyf wanneer sy flou word.
 ??  ?? Mrs J. se dogters Bridgette (links) en Lee-Ann is dood bekommerd oor haar.
Mrs J. se dogters Bridgette (links) en Lee-Ann is dood bekommerd oor haar.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa