TV Plus (Afrikaans)

Aksie: Blindspot

Nuwe tatoes, broers en mans veroorsaak chaos in Blindspot.

- Blindspot

“Julle gaan nie glo wat ons doen nie! Ek kon nie!” lag Jaimie Alexander. In seisoen 3 van Blindspot (2015nou) kry haar karakter, Jane Doe, “nuwe” tatoes al is sy reeds van kop tot tone met ink bedek. Jane se oorspronkl­ike tatoes (wat meestal plakkers is en ure neem om op die aktrise se vel aan te bring) verhelder naby ’n spesiale tegno-voorwerp en onthul “heeltemal nuwe patrone en geheime. Jane is terug by die begin en moet van voor af probeer uitvind wie sy regtig is,” vertel Jaimie. “Hier gaan ons alweer!”

PLUSPUNTE

Die nuwe seisoen is Jaimie gelukkig genadig. Die tatoes wat helderder word is 100% rekenaarge­skep en word in die naproduksi­e bygevoeg. “Dus beteken dit geen ekstra tyd in die grimeersto­el nie,” sê sy. Jaimie kry ook danksy terugflits­e meer insig in hoe haar karakter verander het. Seisoen 3 speel af twee jaar ná seisoen 2 geëindig het (in Mei 2017) en “baie het gebeur”. In episode 1 se terugflits word onthul Jane het met haar FBI-kollega Kurt Weller (Sullivan Stapleton) getrou, maar hom verlaat toe sluipmoord­enaars op hul spoor was. En nou begin die pret . . .

VERSINSELS EN AGENDAS

Daar is nog gevoelens tussen Jane en Kurt, “maar vir nou is dit net werk, werk”, waarsku die aktrise. Die twee gaan na Venesië in Italië waar Jane haar dood versin om die mens op te spoor wat verantwoor­delik is vir haar gloeiende tatoes, haar broer Roman (Luke Mitchell). Dié geheimsinn­ige karakter gaan Jane sowel as Kurt die seisoen manipuleer. “Want daar’s meer verskuilde agendas as wat die eksman en -vrou self besef,” verklap Jaimie.

 ??  ?? Kurt en Jane word herenig – en sy het nuwe tatoes.
Kurt en Jane word herenig – en sy het nuwe tatoes.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa