TV Plus (Afrikaans)

Knapsekêre­ls

Christia Visser beleef aksie en avontuur as Addie.

-

Die veelsydige aktrise Christia Visser (25) sien altyd kans vir ’n uitdaging. In die nuwe kykNET-dramareeks Knapsekêre­ls (2017-nou) vertolk sy die rol van die rykmansdog­ter Adelheid, oftewel Addie, Zimmerman wat deur ’n persoonlik­e lyfwag, Skalkie (Roberto Kyle), opgepas word, maar intussen raak sy by die skaduwêrel­d van misdaad betrokke. En dan begin die poppe dans . . .

MOEILIKE MEISIE

Addie het ’n komplekse persoonlik­heid wat kykers gaan fassineer, vertel Christia. “As mense gedink het Lillie van Die Boekklub (seisoen 1, 2016) is rebels, gaan Addie hulle telkens verras en dit ’n paar stappe verder voer.”

Addie, enigste dogter van die welgesteld­e Hans

Zimmerman (Dawid Minnaar), lyk op die oog af of botter nie in haar suikerbekk­ie kan smelt nie en sy het alles in haar lewe op ’n goue skinkbord gekry. “Addie is selfsugtig en tog ook naïef. Sy is baie opstandig, maar dis eintlik kinderlike rebelsheid,” verduideli­k Christia.

Addie se lewe verander soos handomkeer wanneer sy by drama en intriges betrokke raak. “Sy gaan op ’n nuwe avontuur en leer vir die eerste keer wat dit is om werklik te lééf,” voeg Christia by.

AKSIE EN HUMOR

Die aktrise was ná haar dramatiese rolle as die eiesinnige Lillie van Boekklub-faam en die prostituut Tess in die gelyknamig­e fliek (2016) lus vir iets anders en ligters. “Ek het aanvanklik gedink Knapsekêre­ls is ’n komedieree­ks, maar toe ek die draaiboek begin lees besef ek dis steeds drama. Tog is daar heelwat aksie en komedie wat my en my toneelspee­lvermoëns behoorlik uitgedaag het.”

Dit was vir haar ’n ondervindi­ng om die eerste keer in ’n reeks van die bekroonde skrywer Paul C. Venter te speel. “Die dialoog is in ’n gemaklike en moderne praatstyl. Paul slaag daarin om twee kontraster­ende wêrelde, dié van die rykes en van misdadiger­s, sowel as verskeie temas saam te snoer. En die humor tussendeur al die aksie, spanning en drama is verfrissen­d.”

Christia wou nog altyd ’n aksieheldi­n soos Lara Croft (Angelina Jolie in die fliek Tomb Raider, 2001) speel. “Addie het my ’n bietjie nader aan daardie droom gebring. Ek het nie so baie aksietonel­e soos Skalkie en Mynie (Armand Aucamp) nie, maar ek hardloop hier en daar met ’n geweer rond. Dit was ’n lekker fisieke uitdaging om die tonele self te doen, en daar was altyd paramedici op bystand indien iets sou skeefloop.” Die feit dat sy elke dag in die gim gesweet het, het Christia nommerpas vir die aksie gemaak.

Sy wil nie uitlap of die mooie Addie liefde tussen al die senutergen­de en jaagtonele gaan vind nie, maar voeg by: “Daar kom interessan­te kinkels wat kykers vasgenael gaan hou. Maar dis moeilik om Addie heeltemal uit te

figure.”

NUWE ROL

Vanaf Juniemaand gaan SABC2-kykers Christia in die nuwe dramareeks Onder Die Suiderkrui­s sien. Die verfilming begin in Februarie en die tonele word hoofsaakli­k in Kaapstad, die Boland en die Karoo geskiet. Die draaiboek is geskryf deur Johan van Jaarsveld en Elizabeth Archer is die regisseur – dieselfde duo wat onder meer verantwoor­delik was vir die vervaardig­ing en regie van Vallei Van Sluiers (kykNET, 2010-2014).

“Ek is nogal kieskeurig wat rolle betref,” sê Christia, wat in Swellendam en Stellenbos­ch grootgewor­d het en tans by haar ouers in Bellville woon. “As iets in die karakter of medekarakt­ers of die draaiboek my aantrek, sal ek die rol aanvaar. Maar soms maak ek op my instinktie­we gevoel staat.”

Hoewel sy reeds op ’n redelike jong ouderdom in plaaslike TV- en rolprentpr­oduksies asook internasio­nale flieks soos The Perfect Wave (2014) verskyn het, is ’n glanslewe nie vir haar belangrik nie. “Wat op die ou end vir my saak maak, is hoe ek die gehoor kan vermaak en of ek vir hulle stof tot nadenke gee.”

En dit doen Christia beslis met haar uiteenlope­nde karakters.

 ??  ??
 ??  ?? Christia Visser as die rykmansdog­ter Addie in Knapsekêre­ls.
Christia Visser as die rykmansdog­ter Addie in Knapsekêre­ls.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa