TV Plus (Afrikaans)

Die Kasteel

Dorette Potgieter laat ons skater in haar nuwe rol.

-

Die Kasteel Seisoen 1 Woensdae kykNET (*144) 20:30

Dorette Potgieter (44) was ná haar dramatiese rol as die gefolterde Annalien in seisoen 2 van die dramareeks Swartwater (SABC2, 2014 & 2017) op soek na “nuwe, vars water”. Toe die geleenthei­d oor haar pad kom om die oudskoonhe­idskoningi­n Tina-Marie de Wet in die komedie Die Kasteel (kykNET, 2017) te speel, het sy gedink dis net die veranderin­g wat sy nodig het. “Komedie is ’n redelik onbekende genre vir my, maar ek het besluit om die kans te waag. Min het ek geweet Die Kasteel sou werkgewys my grootste loopbaanui­tdaging word,” vertel Dorette. En buiten die aanpassing in haar toneelspel moes sy verskeie persoonlik­e opoffering­s maak.

FYN BEPLANNING

Wanneer Dorette ’n nuwe rol oorweeg, neem sy as enkelouer eerste haar agtjarige dogtertjie, Lia Luna Li, in ag. “Ek moet die saak goed oordink en fyner beplan wanneer ek werk weg van die huis aanvaar,” verduideli­k die aktrise, wat saam met haar kind in Vredehoek, Kaapstad, woon. “Toe ek einde 2016 en begin 2017 vyf maande lank hoofsaakli­k in die Suid-Kaapse kusdorpie Arniston aan Swartwater geskiet het, het ek op my goeie vriendinne staatgemaa­k om na Lia Luna Li om te sien. n. Met Die Kasteel kon ek haar gelukkig saamneem Johannesbu­rg toe, want sy kon tydelik as gr. 2-tjie aan die Laerskool Jan Celliers skoolgaan,” vertel sy.

Die Kasteel se verfilming in die Sasani-ateljees in Highlands North het in November 2017 begin en tot einde Januarie 2018 geduur. Dorette en haar oogappel moes die eerste maand gereeld van blyplek verwissel. “Ons het eers in ’n huis in Melville gebly, maar dit was te lawaaierig en ek kon nie saans my woorde leer nie. Daarna het ons Saxonwold toe verhuis, maar ’n wolkbreuk het soveel skade aan ons tydelike woonplek aangerig dat ons weer ’n keer moes trek.”

Nog teenspoed het Dorette en Lia Luna Li begin Desember getref toe hulle met ’n Uber-taxi in Sandton wou reis en in ’n skermutsel­ing met mededingen­de taxi-bestuuders vasgevang was. “Ek was onkundig, want ek was nie bewus van die taxi-oorlog nie. Twee groot mans het my gestamp en rondgeruk toe ek in die Uber wou klim, maar ek het hard terugbakle­i om my kind te beskerm. Ons het gelukkig ongedeerd daarvan afgekom, maar moes albei vir berading gaan ná die traumaties­e voorval.”

LIGTE, KAMERA, AKSIE!

Gelukkig was haar werk soos ’n veilige hawe. Hoewel Dorette voorheen komedie op die verhoog gedoen het – sy was in 2014 Shani in die verhoogstu­k Hotel Vleispalei­s – is Tina-Marie haar eerste groot komedierol op die kassie. “Ek het aanvanklik gedink Die Kasteel is ’n situasieko­medie, maar eintlik is dit ’n klug. Ons het in drie maande altesaam 26 episodes verfilm, dit was byna soos om ’n verhoogstu­k in ’n paar dae te repeteer, repetee op te voer en voor ’n gehoor op te t neem,” vertel sy. “Ons het baie ba min tyd tot ons beskikking gehad g en teen ’n blitsvinni­ge g tempo woorde geleer en perform. p Ek dink as dit nie nie vir v die wonderlike span en medespeler­s de was nie, sou ek dit nie gemaak gem het nie,” bieg sy. Dorette Do hou baie van haar karakter. “Ek kan met haar as vrou en ma identifise­er, want sy glo elke dag: ‘The show must go on.’ Elke dag is ’n nuwe dag en ’n nuwe bladsy en jy moet net voortgaan ter wille van oorlewing.” Tina-Marie is nie soseer snaaks op papier nie, maar dis die situasies en belaglikhe­de wat daaruit voortsprui­t, wat haar komies maak, voeg Dorette by. “Ek moes baiekeer my lag sluk vir my medespeler­s, want hulle is almal vrek snaaks.”

DOSENT EN DOKUMENTÊR

Die aktrise bly ook besig met ander werk, en gaan die eerste termyn in 2018 klasgee in die vak On Camera Performanc­e by die AFDA-filmskool in Kaapstad. En sy is sedert 2015 betrokke by opheffings­werk onder jeugmisdad­igers wat sy vanjaar by die Pollsmoorg­evangenis voortsit. Dorette het in 2017 die Blits Pitch-kompetisie by die kykNET-Silwersker­mfees gewen, en sê: “Ek gaan binnekort ’n dokumentêr oor ons opheffings­werk by Pollsmoor met die prysgeld vervaardig.”

Ons hou die bedrywige Dorette met belangstel­ling dop, en intussen geniet ons die kaskenades van Die Kasteel en sy personeel terdeë!

 ??  ??
 ??  ?? Dorette as Tina-Marie, wat skielik ’n boetiekhot­el probeer bedryf, in Die Kasteel.
Dorette as Tina-Marie, wat skielik ’n boetiekhot­el probeer bedryf, in Die Kasteel.
 ??  ?? Dorette en haar oogappel, Lia Luna Li (8).
Dorette en haar oogappel, Lia Luna Li (8).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa