TV Plus (Afrikaans)

Sterk Black-ish-vroue

Drie geslagte fabelagtig­heid! Is daar enigiets wat die vroue van Black-ish nie kan vermag nie?

-

Andre “Dre” Johnson sr. (Anthony Anderson) is dalk die pa, die hoof van die huis (hy hoop so) en die verteller wat altyd die laaste woord inkry op Black-ish (2014-nou, seisoene 1 en 2 kan van Showmax afgelaai of gestroom word), maar die waardevols­te speler is dr. Rainbow “Bow” Johnson ( Tracee Ellis Ross). Sy is meer as net ’n sitkom-ma.

“Bow is ten volle vrou. Haar moederskap, beroep, vrou-wees – niks hier van is vir haar belangrike­r as haar self-wees nie. Sy is ’n welvarende vrou, nie ’n gemarginal­iseerde vrou nie. Om die nuanse daarvan te hê is verskrikli­k belangrik,” sê Tracee. Dis die kern van wat Black-ish so ’n heerlik verslawend­e komedie vir kykers oor die hele spektrum maak: jy hoef nie ’n ma te wees om Bow te verstaan nie, want sy is nie “net ’n ma nie”. Net soos jy nie swart hoef te wees om begrip te hê vir die Johnsons se probleme en vreugdes nie – maar as jy wel swart is, gaan die reeks beslis tot jou spreek.

MA IS HIER

Die reeksskepp­er Kenya Barris sê: “Ons almal ken die kleurryke karakters, mense wat die reënboog verteenwoo­rdig van wat ons familie is. En dit sorg vir die beste Kersfeeste en die beste familiereü­nies, want dis nie net een standpunt nie. Die geslagte stem nie noodwendig saam nie, maar hulle word regtig verbind deur die ruggraat van wat ’n familie is.”

En dis presies wat Dre se ma, Ruby (Jenifer Lewis), na die reeks bring – dit sou immers nie ’n gesin-sitkom wees sonder ’n inmengerig­e skoonma nie. Ruby is’ n kopdoek draende, Satan ha t ende, houtlepel gooi ende dramakonin­gin. “Wanneer ek Ruby is, verteenwoo­rdig ek die middeljari­ge swart vrou. Ons is die sout van die aarde. Ons vertel dit soos dit is,” lag Jenifer. En terwyl die konserwati­ewe Ruby elke Sondag in die kerk is en “Swart Jesus” om hulp vra, is sy in die week ’n hel op wiele want, soos Ruby erken: “Soms vergeet Grandma sy is gered.” In seisoen 2 episode 19 beskryf Dre en Bow se dogter Zoey ( Yara Shahidi) Ruby as half tiener, half ouerige persoon, en Bow spot Ruby gaan langer as hulle lewe, want “boosheid sterf nooit nie”.

DIE EK-GESLAG

Die laaste van die driedimens­ionele vroulike karakters is die nuwe geslag, verteenwoo­rdig deur Zoey, wat amper klaar is met afrondings­kool. “Sy het haar eie grimeerree­ks, is ’n skoonheids-kenner op YouTube, het met twee ouens uitgegaan, kan kar bestuur . . .” sê Yara. “[Die boek] Catcher In The Rye deur J.D. Salinger was die inspirasie vir wie Zoey is. Holden Caulfield [die protagonis] weerspieël die tiener wat haar plek in die immer veranderen­de wêreld probeer vind. Zoey wil onafhankli­k wees en is beslis bekkig. Terselfder­tyd is sy steeds afhanklik van haar familie en wil so suksesvol soos haar ouers wees en sy wil nooit grootword nie. Sy gaan steeds deur haar ontwikkele­nde tienerfase, maar sy is trots en selfversek­erd. Selfs al maak sy foute soos alle ander mense sal sy terugbons en kry wat sy wil hê.” En Zoey het ’n tienjarige sussie,

Diane (Marsai Martin), wat wenke kry by al drie vroue terwyl sy grootword.

ONTWERPERV­ROUE

Fans kan ook uitsien na die sitkomaktr­ise Raven

Symoné, wat verstommen­de spel lewer as Dre se suster Rhonda in seisoen 1 episode 22 wanneer sy verduideli­k hoekom sy nog nie hul ouers vertel het sy is lesbies nie. Die komediant

Wanda Sykes speel Dre se nuwe baas, Daphne Lido, van seisoen 2 episode 9, en vanaf seisoen 2 episode 11 verskyn die ster Tyra Banks van America’s Next Top Model (2003-nou) as Gigi.

 ??  ?? Dre (grys pak) en die mans vorm die middelpunt van Black-ish, maar dis die vroue wat die septer swaai.
Dre (grys pak) en die mans vorm die middelpunt van Black-ish, maar dis die vroue wat die septer swaai.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa