TV Plus (Afrikaans)

SABC2 Weekdae 18:00

- @7DELAANAMP­TELIK @REAL7DELAA­N @REAL7DELAA­N Weekdae SABC2 13:00 Weekdae SABC3 10:30 Sondae SABC2 13:30-16:00

VERLEDE KEER

Fikani het besef Rickus het gevoelens vir Olivia, Mariaan het uitgevind sy is as kind aangeneem, en Matrone is met gesteelde juwele betrap.

31 JANUARIE – 2 FEBRUARIE

Nozi besef haar toekomspla­nne kan moontlik ander mense beïnvloed, Hilda neem ’n groot besluit oor haar toekoms en oorweeg dit om met Mariaan te gaan praat, en Chris ondersteun Amorey se planne om oorsee te gaan werk. Matrone verklap Olivia se geheim aan Rickus, wat hul verhouding kan beïnvloed, Xander sit sy voet dwars met Lesedi wat sy hofsaak hanteer, en Charmaine maak planne vir haar vakansie.

5 – 9 FEBRUARIE

Matrone sit Connie op haar plek, Amorey vra Hilda se hulp met ’n resep van haar ouma Betsie wat sy wil maak, en Hilda raak emosioneel wanneer sy besef sy het kleinkinde­rs van wie sy nie geweet het nie. Rickus is dankbaar vir Esti se hulp in ’n moeilike tyd, Vernon kry ’n waarskuwin­g, en Bonita en Jacob sit nie langs dieselfde vuur nie. Hettie kry goeie nuus oor of sy Karmen weer kan sien, en Nozi kry die skok van haar lewe. Rickus is nie gelukkig met Olivia en haar loopbaan besluite nie, en Mariaan is geskok wanneer Chris hartseer nuus met haar deel.

12 – 13 FEBRUARIE

Lesedi is nog nie reg om André te vergewe nie, Marko vind uit Esti steek iets vir hom weg, en Aggie is opgewonde oor die komende Valentynsd­ag kompetisie wat sy reël.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa