TV Plus (Afrikaans)

Versoening?

Emma se vervreemde ma Bernice soek haar dogter terug.

-

Suidooster Maandae-Donderdae kykNET (*144) 18:30

Die rebelse tiener Emma (Mia van der Merwe), wat sedert begin Januarie by die aptekerass­istent Michelle (Greta Pietersen) ingetrek het, het kykers se wenkbroue laat lig weens haar onvanpaste gedrag. As sy nie ’n tienervloe­rmoer gooi nie, rook en drink sy. Maar die afgelope tyd het dinge beter begin gaan en op Woensdag 31 Januarie begin Emma tuis voel by Michelle. Maar die vrede is van korte duur wanneer Emma se vervreemde en dwelm-en-drankversl­aafde ma, Bernice (Ira Blanckenbe­rg), onverwags opdaag.

SKOON EN NUGTER

“Dis asof haar grootste nagmerrie waar geword het,” sê Mia. “Sy het juis van haar ma weggeloop omdat sy nie vir haar ’n bestendige huis kon gee nie.”

Maar Bernice is op die herstelpad en wil ’n nuwe blaadjie omslaan, sê Ira. Sy was by ’n rehabilita­siesentrum om haar reg te ruk sodat sy vir Emma weer ’n ma kan wees. Ná haar rehabilita­sie het sy met maatskapli­ke dienste kontak gemaak en Emma opgespoor.

Michelle is ook onkant gevang deur Bernice se verskyning en is op Maandag 5 Februarie onwillig om bemiddelaa­r tussen ma en dogter te speel wanneer Bernice haar vra. “Michelle vertrou nie vir Bernice nie en voel sy verdien nie ’n tweede kans nie,” sê Greta. “En sy lig Bernice in sy is besig om aansoek te doen om Emma se voog te word.”

Michelle is op Dinsdag 6 Februarie vasbeslote om Bernice te verdryf, maar haar oom

Chris (Marcel van Heerden) waarsku haar daarteen. “Hy sê Bernice het dalk ’n sterk saak omdat sy haarself reggeruk het en die hof die biologiese band tussen Emma en Bernice ernstig sal oorweeg,” sê Greta. Michelle kry ook nie veel ondersteun­ing by haar man, Stefan (Gideon Lombard), nie want sy simpatie lê by Bernice. Hy glo sy verdien ’n tweede kans en reël op Maandag 12 Februarie vir haar ’n werksonder­houd by ’n vriend van hom se bakkery.

DINGE RAAK TE VEEL

Terwyl Stefan dink hy doen die regte ding deur Bernice te help, word hy op Dinsdag 13 Februarie teleurgest­el wanneer sy aan hom erken sy was nie by die onderhoud nie. “Sy voel oorweldig en begin vrees sy gaan ’n terugslag beleef,” sê Ira. Maar ál manier hoe sy Emma – en ander – se vertroue kan wen, is om ’n werk te kry en te bewys sy sal nie weer struikel nie. En intussen klou Michelle aan Emma.

 ??  ?? Mia (links) voel asof haar grootste nagmerrie waar word wanneer haar ma, Bernice, opdaag.
Mia (links) voel asof haar grootste nagmerrie waar word wanneer haar ma, Bernice, opdaag.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa