TV Plus (Afrikaans)

Ernstige hartsake

Pippa vind die volle waarheid oor Ami uit.

-

Binnelande­rs Weekdae kykNET (*144) 19:30

Sedert Dirk Venter (Richard van der Westhuizen) en Ami van Tonder (Saranti Rheeders) se paaie op Maandag 22 Januarie ná jare weer gekruis het, is die twee danig met mekaar. Al het Dirk sy dogter, Pippa (Nadia Valvekens), ná sy herontmoet­ing met Ami vlugtig vertel hy en Ami ken mekaar van vroeër, het hy haar nog nie ver tel hoe nie. “Maar die volle waarheid oor Dirk en Ami se destydse verbinteni­s word nou bekend en Pippa vind boonop uit waarom haar ma nie van Ami gehou het nie,” vertel Richard. En hoe kan Pippa vrede maak met ’n vrou wat haar ma nie kon verdra nie?

DIAGNOSE EN MEER WRYWING

Voordat die oomblik van waarheid aanbreek is daar ander kwellinge wat opduik. Terwyl Dirk op Donderdag 1 Februarie saam met Ami en haar dogter Busi (Philicity Reeken) in Tonik kuier, kry hy skielik kwaai steekpyne in sy bors en hy word dadelik in Binneland se ongevalle-afdeling opgeneem.

“Die logiese afleiding is dis Dirk se hart wat probleme gee, maar Busi, wat voorheen in Binneland verpleeg het, meen dit is dalk nierstene. Wanneer

Conrad (Hykie Berg) Dirk deeglik ondersoek, bevestig hy Busi se vermoedens,” sê Richard. Gelukkig word Dirk se nierstene die volgende paar dae met die regte dieet, water en medikasie gereguleer en hy word ná twee dae ontslaan.

SPESIALE GESKENK

Dirk vra Ami op Woensdag 7 Februarie om saam met hom te gaan eet en verras haar met ’n geskenk – ’n antieke borsspeld wat aan sy oorlede vrou Cecile behoort het. Wanneer Pippa Ami die volgende dag met haar ma se borsspeld sien, konfrontee­r sy Dirk. Op Vrydag 9 Februarie besluit Dirk om Pippa die waarheid oor Ami te vertel en hoekom Cecile nie van Ami gehou het nie. Maar Dirk steur hom nie aan Pippa se negatiewe houding nie en sy oë blink nog meer wanneer hy na Ami kyk.

 ??  ?? Ami (regs) kloek soos ’n broeis hen om Dirk in die hospitaal.
Ami (regs) kloek soos ’n broeis hen om Dirk in die hospitaal.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa