TV Plus (Afrikaans)

Stapelgek Niki

Daar is ’n eenvoudige verduideli­king vir Nikiwe se vreemde nuwe gedrag, maar dis die laaste ding waaraan sy dink.

-

Isidingo Weekdae SABC3 (*193) 19:00

“Nikiwe is die afgelope jaar deur diep waters,” sê Linda Sokhulu. Dis hoekom Nikiwe eers dink sy voel vreemd omdat sy baie spanning ervaar. Maar sy besef glad nie Nina (Khabonina Qubeka) is besig om haar te verfigtig nie! Natuurlik is sy oorspanne: Haar karakter se pa, Lincoln (Lindani Nkosi), is in Maart 2017 tronk toe gestuur vir moord, haar eksverloof­de Gabriel (Aubrey Poo) het haar in Julie geslaan en is nou weer terug, en Nikiwe moes die familiebes­igheid Sibeko Gold oorneem. “Sy weet nie eers Nina wil wraak neem op haar nie,” sê Linda oor Nina se woede omdat Nikiwe Nina by Sibeko Gold uitgeskop en soos vullis behandel het in 2017. Terwyl Nikiwe net vreemd voel, begin ander mense dink sy is stapelgek.

STRESTOETS

Sy dink op Vrydag 2 Februarie sy word agtervolg, “maar dis nie Gabriel nie. Sy het ’n beskerming­sbevel teen hom. Maar dit kan Benjamin (Arno Marais) wees, wat maak of hy die besorgde beste vriend is sedert Gabriel in November 2017 teruggekom het,” sê Linda. Nikiwe ignoreer Ben op Maandag 5 Februarie en probeer uitpluis hoekom hy haar bekruip. Sy kom nie eens agter hoe bewerig sy die dag voel nie, vertel Linda. ’n Bekruiper en ’n veranderin­g in haar lyf is nie blote toeval nie, maar Nikiwe tel nie twee en twee bymekaar nie. “Dis net stres,” sê Linda.

SIEN IS NIE GLO NIE

Nikiwe gaan ’n ander deuntjie sing op Donderdag 8 en Vrydag 9 Februarie. Sy loop in haar slaap en roep na haar eksminnaar Frank (Kevin Smith), wat in 2015 dood is. Dit raak erger wanneer sy op Maandag 12 Februarie byna oor ’n balkon spring terwyl sy na Frank roep. “Maar sy glo niemand wanneer hulle haar daarvan vertel nie. Sy verstaan nie hoekom dit met haar gebeur nie,” sê Linda. As sy maar weet wie haar dopgehou het . . .

 ??  ?? Nina trek die toutjies soos ’n wafferse poppespele­r. Nikiwe hallusinee­r selfs dat oorle’ Frank haar bel.
Nina trek die toutjies soos ’n wafferse poppespele­r. Nikiwe hallusinee­r selfs dat oorle’ Frank haar bel.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa