TV Plus (Afrikaans)

Die waarheid maak vry

Zoe is magteloos wanneer die polisie haar seun Brandon, wat ’n klasmaat aangerand het, in hegtenis neem.

-

Generation­s – The Legacy Weekdae SABC1 (*191) 20:00

Gewoonlik laat die ondersoeke­nde joernalis Zoe Phillips (Schelaine Bennett) die slegte ouens in die tronk beland. Maar op Woensdag 31 Januarie wil die polisie haar tienerseun Brandon (Donovan Pietersen) ondervra, wat op Dinsdag 30 Januarie geskors is nadat hy ’n ander leerder met ’n mes gesteek het. “Zoe raak paniekerig,” verduideli­k Schelaine. “Sy probeer haar seun wegsteek, maar dit lyk of geen geld of haar kontakte hom kan red van die moeilikhei­d waarin hy hom met die gereg bevind nie.” Zoe het in Desember 2017 by haar sake- entreprene­urpa, Michael ( Terence Bridgett), ingetrek om Brandon “’n normale lewe” te bied, maar nou besef sy dit was nie ’n goeie idee om hom so te ontwrig nie. “Brandon is outisties en Zoe het dit vir die wêreld weggesteek. Sy het gedink as sy Brandon na ’n gewone skool stuur, sou dit hom help om by die gemeenskap aan te pas. Maar dit het meer skade as goed gedoen en hy kan ’n moeilike tyd verwag weens haar wanopvatti­ng,” voeg die aktrise by. Behalwe as Zoe die geheim oor sy outisme verklap . . .

OORDEELSDA­G

Op Donderdag 1 Februarie kom arresteer die polisie Brandon. “Soos alle ma’s is Zoe beskermend. Sy skree vir hulle haar seun het nooit bedoel om iemand seer te maak nie en hy is uitgelok,” verduideli­k Schelaine. Maar die polisie neem Brandon polisiekan­toor toe, met Zoe wat toutjies probeer trek sodat die klagte laat vaar word. “Sy glo sy’s verantwoor­delik vir Brandon se gedrag. Zoe dink sy moes na hom geluister het toe hy haar vertel het hy pas nie by sy nuwe skool in nie,” sê Schelaine. “Sy het Brandon net meer probeer oorreed die skool is nie ‘so sleg’ nie, maar nou sal sy haar storie moet ken om hom te red.”

BUITE BEHEER

Zoe besluit om Brandon se outisme geheim te hou en dink mense sal hom anders hanteer wanneer hulle daarvan hoor. Maar om dit bekend te maak kan dalk die laaste uitweg wees om hom uit die tronk te hou, sê Schelaine. “Zoe is lief vir Brandon en wil die beste vir hom hê.” Haar wêreld stort ineen op Woensdag 7 Februarie wanneer sy hoor hy is na ’n jeugdetens­iesentrum gestuur oor sy wilde gedrag. “Om sy outisme te onthul is die enigste manier om hom te help,” sê die aktrise. Maar om haar kind uit die tronk en hof te hou sal Zoe die polisie moet vertrou – dieselfde mense wat sy goed ken vanweë haar werk. . .

 ??  ?? Zoe beskerm haar seun Brandon (inlas) wanneer die polisie hom in hegtenis wil neem.
Zoe beskerm haar seun Brandon (inlas) wanneer die polisie hom in hegtenis wil neem.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa