TV Plus (Afrikaans)

Pretty se probleme

Pretty en haar ma, Ma’ Ntuli, sit vas oor Pretty se mislukte universite­itsplanne.

-

Skeem Saam Weekdae SABC1 (*191) 18:30

Die onsekerhei­d oor Pretty (Lerato Marabe) se toekoms veroorsaak ’n kloof in die Seakamela-huis. Die matrikulan­t het net by die Universite­it van Kaapstad aansoek gedoen, waar sy afgekeur is omdat sy nie die Nasionale Standaard-assesserin­gstoets (NBT) afgelê het nie. Nie dat sy weet wat sy wil gaan studeer nie. Die planlose Pretty frustreer haar ma, Ma’ Ntuli (Dieketseng Mnisi), wanneer sy op Woensdag 31 Januarie tuis bly, en ma en dogter het eindelose argumente.

Terwyl haar klasmaats gereed gemaak het vir die lewe ná hoërskool, was Pretty vasgevang in haar suster

Sthoko (Innocent Sadiki) se huwelikspr­obleme en sy het nie die assesserin­gstoets geskryf nie. “Niemand verstaan waardeur Pretty gaan nie. Ma’ Ntuli toon haar besorgdhei­d deur te skree, maar dit help nie. Pretty is so desperaat sy oorweeg dit om in Turfloop te studeer – haar grootste nagmerrie,” voeg Lerato by.

TIENERDRAM­A

Stres en die stram verhouding met haar ma is ’n resep vir ’n ramp, en Pretty knak op Donderdag 1 Februarie wanneer Ma’ Ntuli voorstel sy swot in Turfloop. “Sy’s moeg vir al die vrae en sê vir Ma’ Ntuli om haar neus uit haar [Pretty se] sake te hou,” sê Lerato. Sy weet boonop nie wat sy wil swot nie. Ma’ Ntuli het sulke minagting nie verwag nie. Sy wil nie hê Pretty moet eendag soos sy word en sukkel om die pot aan die kook te hou nie.”

SKADEBEHEE­R

Ma’ Ntuli vra sonder Pretty se medewete haar beste vriendin Mei

kie (Harriet Manamela) om haar dosentman, John (Africa Tsoai), te vra om toutjies te trek by die Turfloop-universite­it. Meikie het nuus op Maandag 5 Februarie, maar “Pretty is glad nie bly nie. Sy wil nie in Turfloop en by die huis bly nie. Maar dis te laat en Pretty het geen keuse nie,” sê Lerato.

Met haar studieprob­leme min of meer opgelos, reik Pretty op Dinsdag 6 Februarie uit na haar ma om verskoning te vra dat sy teëgepraat het. “Hulle gesels oor hul gevoelens,” sê Lerato. Die praatjie is net wat hulle nodig het en “hulle belowe ook om openhartig te wees met mekaar”, verduideli­k Lerato. Maar wat Ma’ Ntuli nie weet nie, is haar dogter is van plan om Turfloop te verlaat die oomblik dat ’n geleenthei­d opduik . . .

 ??  ?? Ma’ Ntuli is nie gelukkig oor die situasie waarin haar dogter Pretty haarself laat beland het nie.
Ma’ Ntuli is nie gelukkig oor die situasie waarin haar dogter Pretty haarself laat beland het nie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa