TV Plus (Afrikaans)

Broederska­pstryd

Die 68-bende dwing hul nuwe rekruut Sabelo om teen sy beste pel Suffocate te draai en hom te vermoor.

-

Rhythm City Weekdae e.tv (*194) 19:00

“As daar een plek op aarde is waaraan ’n mens nooit gewoond raak nie, is dit die tronk. Dis dodelik en Suffocate sukkel daar,” sê Mduduzi Mabaso van sy karakter se tweede tronkstraf. Suffo voel alleen op Woensdag 31 Januarie nadat sy vriend Sabelo (Ishmauel Songo) by die 68-bende aangesluit het wat Suffo dood wil hê. “Die 68’s is jaloers op Suffo. Nadat hy in sy twintigerj­are uit die tronk vrygelaat is, het hy ’n sakeryk opgebou, en nou wil hulle hê Sabelo moet sy pel Suffo vermoor,” voeg Mduduzi by. ’n Ontvanklik­e Sabelo is bekommerd hy gaan binnekort op sy eie wees – Suffo was nie regstreeks betrokke toe Sabelo die kinderontv­oerder Skhumbuzo (Mncedise Thambe) laat Desember met een hou doodgemaak het nie. Suffo het die toevallige moord probeer toesmeer, want Sabelo het sy broer Dumisani (Siyabonga Mtshali) probeer beskerm. In ’n wrede kinkel sal die 68-bende Sabelo beskerm as hy Suffo vermoor – iets wat nie sou gebeur as Suffo vrygelaat word nie.

Die 68’s haat die aandag wat Suffo in die tronk kry sedert hy begin Januarie daar beland het. “Almal respekteer Suffo, van die bewaarders tot die ou gevangenes wat tevore saam met hom was. Niemand mors met Suffo nie, en dit het van die 68-bende se mag ingeperk – mag wat hulle wil terughê,” sê Mduduzi. Sabelo waarsku sy vriend op Maandag 5 Februarie. “Al is Sabelo ’n gekwelde kind is hy nie ’n slegte ou nie. Hy het nie bedoel om Skhumbuzo te vermoor nie en hy wil Suffo ook nie doodmaak nie. Hy’s in ’n doodloopst­raat: hy het by die 68’s aangesluit en moet sy woord hou en bevele gehoorsaam, al is Suffo sy pel,” sê Mduduzi.

VLEES EN BLOED

Met skuldgevoe­lens wat hom opvreet, waarsku Sabelo op Vrydag 9 Februarie weer vir Suffo, en hulle besluit om ’n geveg na te maak op Dinsdag 13 Februarie. “Suffo is vir Sabelo soos ’n groot broer. Hy verstaan die druk waaronder die seun is en is bereid om sy lewe te waag om Sabelo te red,” sê Mduduzi. Hulle voer hul “moord” in die tronk versigtig uit, en ’n bebloede Suffo word na die tronk se siekeboeg geneem. Maar amper dood is nie goed genoeg vir die 68’s nie – hulle wil Suffo morsdood hê.

Die bende gee Sabelo ’n laaste kans om Suffo te vermoor. Sabelo is raadop, maar met sy vriend gewond en Sabelo wat homself nie kan beskerm nie, lyk dit of sy keuse vir hom gemaak is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa