TV Plus (Afrikaans)

Leef jou droom

Stokkies smaak sukses en min kan weerstaan wat hy verkoop.

-

Scandal! Weekdae e.tv (*194) 19:30

Die oud-tronkvoël en alewige verloorder Stokkies ( Wayne van Rooyen) vlieg hoog! Hy is op Donderdag 1 Februarie aangewys as die Comboa-gemeenskap­sprojek se agent van die maand. “Stokkies het nog altyd na hierdie soort sukses gehunker. Comboa is ’n droom wat waar geword het. Om ’n kar te kan koop en behoorlike toekomspla­nne te kan maak is die posisie waarin hy nog altyd wou wees – ’n selfversor­gende man!” vertel Wayne. Daar’s selfs meer vieringe op Vrydag 2 Februarie wanneer Stokkies sy Comboa-uitbetalin­g herbelê in die besigheid. Stokkies is ’n inspirasie vir sy rekrute wie se enigste droom van welvaart die vae hoop was om die Lotto te wen. Vir die eerste keer begin die finansiële las van hul skouers lig en dit voel so goed soos ’n dwelm . . .

BESTE VERKOOPSMA­N

Hoewel kykers dalk verskeie karakters se voorbehoud­e deel of Comboa ’n wettige besigheid is, probeer Stokkies regtig eerlik en opreg wees. “Wanneer hy sukses met Comboa begin smaak, beskou hy die projek as die lig, die weg en die waarheid,” sê Wayne. “Comboa staan vir Community Building One Another en Stokkies glo hy help mense deur hulle te werf. Sy opregtheid en belegging in Comboa speel ’n groot rol om mense vir die projek te kry.” Omdat hy presies weet hoe erg hul nimmereind­igende stryd om oorlewing is, het hy die perfekte verkoopsma­n geword. “Stokkies verstaan sy werkkolleg­as en hul situasie,” voeg Wayne by. “Hy weet hoe mense swoeg en sukkel. Die lewenskost­e is hoog en baie werkers word te min betaal. Vir baie (Stokkies inkluis) sal geld hul probleme laat verdwyn.”

VENNOTE?

Wanneer Stokkies se sukses nog ’n berugte opportunis, Ndu (Andile Sithole), se aandag trek op Dinsdag 13 Februarie, is Stokkies vir ’n veranderin­g nie gretig om deel te word van Ndu se nuutste geheime rykwordpla­nne nie. Hy wil nie iets twyfelagti­gs aanvang nie! “As ’n oud-gevangene is die laaste ding wat Stokkies wil doen om by so iets betrokke te raak. Daar is net te veel negatiewe konnotasie­s,” sê Wayne. Maar die akteur het ’n waarskuwin­g vir sy karakter: “Party mense kan nie sukses hanteer nie. Sodra dit oor hul pad kom, vind hulle dit moeilik om dit te behou . . .”

 ??  ?? Stokkies (regs) het aanbeweeg en stel nie in die opportunis Ndu se nuwe planne belang nie.
Stokkies (regs) het aanbeweeg en stel nie in die opportunis Ndu se nuwe planne belang nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa