TV Plus (Afrikaans)

Melanie is terug!

Wees op jul hoede, stoute vroue – Salem se klein krimineel Melanie Jonas gaan amok maak.

-

Days Of Our Lives Weekdae e.tv (*194) 18:00

Die Kiriakis- clan vier op Vrydag 2 Februarie fees om Daniel (Shawn Christian) se dogter Melanie (Molly Burnett) terug te verwelkom. Maar selfs Melanie se dierbare ouma Maggie (Suzanne Rogers) vermoed die oudverplee­gster het nie na Salem teruggekee­r om rustig nes te skop nie. Melanie voer iets in die mou, soos die sak kontant waarmee sy opgedaag het en die kwaai foonoproep­e wat sy kry bewys. “Melanie het dalk impulsief ’n foutjie gemaak. Goed, ’n groot fout. Sy moes so gou moontlik uit Europa padgee,” lag Molly.

PARTYTJIEM­EISIE-PROBLEME

Toe ons die skoolmeisi­e Melanie ontmoet het (in Julie 2011 in SA), het sy ’n blog genaamd Premier Party Girl gehad, sy het ouer mans besteel en haar skoolmaats se juwele gegaps. Sy het Salem in 2015 verlaat om by haar ma in Europa te gaan woon nadat ’n ontvoering Gabi (Camila Banus) se komplot onthul het om ’n obses- siewe bekruiper te kry om Melanie en

Chad (toe gespeel deur Casey Deidrick) uitmekaar te dryf. Dit blyk op Woensdag 7 Februarie hoewel Melanie $70 000 (R860 000) in ’n Europese casino gewen het, sy nie slim genoeg was om haar twyfelagti­ge kaarttruuk­s weg te steek nie, en twee casinowagt­e het haar gevolg. “Melanie het nie veel verander nie, en Maggie was nie daar om haar in toom te hou nie,” vertel Molly.

KLOUE KOM UIT

Nadat Melanie se ou pel

Brady (Eric Martsolf) haar op Donderdag 8 Februarie oor Salem se sappigste skindernuu­s inlig, beter die ander stoute vroue op hul hoede wees – veral Brady se eksvrou Theresa (Jen Lilley). Dit gaan fisiek raak op Vrydag 9 Februarie, verklap Molly. Om Theresa in haar gesig “’n geldwolf, liegbek en dwelmpoppi­e” te noem is net die begin. Maar dis nie net kloue wat wys nie – Molly skimp oor ’n nuwe “vriendskap” van Melanie met Nicole (Arianne Zucker). “Hulle het dieselfde gekwelde kinderjare, hulle probeer die regte ding doen maar beland op die verkeerde pad.”

 ??  ?? Die gevaarlike Melanie (regs) kyk nie liefdevol na Theresa nie . . .
Die gevaarlike Melanie (regs) kyk nie liefdevol na Theresa nie . . .
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa