TV Plus (Afrikaans)

Steffy in die middel

Steffy se nuwe pos as uitvoerend­e hoof veroorsaak verdere spanning vir die broers Liam en Wyatt.

-

The Bold & The Beautiful Weekdae SABC3 (*193) 18:30

Steffy Forrester (Jacqueline MacInnes Wood) was vir die grootste deel van 2017 vasgevang in ’n liefdesdri­ehoek met haar eersdaagse eksman Wyatt (Darin Brooks) en sy broer Liam (Scott Clifton), wat ook Steffy se eksman is. Die spanning bou al sedert middel Januarie vanjaar op, toe Eric (John McCook) en sy vrou Quinn (Rena Sofer) Steffy die hoof- uitvoerend­e beampte van Forrester Creations gemaak het. Maar daar is ook iets anders wat Eric wil hê op Woensdag 31 Januarie. Hy stel voor Steffy trek by “my, Wyatt en Quinn” in. En dis wanneer dit Steffy tref “haar aanstellin­g as hoof was ’n manier vir Eric en Quinn om haar en Wyatt nader aan mekaar te bring en haar uit Liam se arms te kry”, sê Jacqueline. En Steffy is nie die enigste ontevrede een nie . . .

GEEN VERRASSING

Liam is nie verras wanneer Steffy hom vertel wat sy gevra is nie. “Liam besef haar aanstellin­g se doel is om ’n wig tussen hulle in te dryf en Steffy terug te kry by Wyatt,” sê die uitvoerend­e vervaardig­er en hoofskrywe­r, Bradley Bell. Al stel Steffy Liam gerus met “dis net tot die egskeiding afgehandel is”, dink Liam die skrif is aan die muur. Hy verloor op Vrydag 2 Februarie sy humeur by ’n Forrester- direksieve­rgadering wanneer die “skakelbeam­pte-superster” Wyatt Steffy se sosialemed­iaveldtog “S” onthul, tesame met die sexy foto’s wat Wyatt van sy vrou geneem het. “Dis vernederen­d vir die hoof en die maatskappy en ek hou nie daarvan nie,” skree Liam vir Wyatt, wat die uitbarstin­g ignoreer.

GEEN HOOP

Liam soek steun by Ridge (Thorsten Kaye) op Maandag 5 Februarie, en sê vir hom: “Ek kan voel hoe sy in Wyatt se arms glip.” En by Forrester se kantore smeek Wyatt Steffy om terug te kom na hom toe. “Daar is niks wat ek en jy nie kan bereik nie. Met die familie aan ons kant kan ons nie misluk nie.” Wie gaan Steffy kies: neulende Liam of smekende Wyatt?

 ??  ?? Die halfbroers Liam en Wyatt (regs) is nie bang om mekaar aan te vat nie.
Die halfbroers Liam en Wyatt (regs) is nie bang om mekaar aan te vat nie.
 ??  ?? Liam en Steffy wil weer bymekaar wees, al het hulle die vorige keer in die skeihof beland.
Liam en Steffy wil weer bymekaar wees, al het hulle die vorige keer in die skeihof beland.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa